Thursday, March 22, 2007

Dankie..Afrikaanse musiekvideos, Dwelms en Zuma se pelle.



Baie Baie Dankie! Vir jou wat hierdie site so mooi ondersteun, elke dag is daar meer en meer "hits" op my site, dankie daarvoor, dit beteken vir my dat ek praat namens 'n groep mense wat dieselfde voel as ek, ek het op 'n stadium gedink ek is mal en niemand dink soos ek nie!As jy aan die regterkant van my site kyk sal jy sien ek het 'n klomp Afrikaanse musiek videos gelaai, al wat jy hoef te doen is kliek op die video wat jy wil sien en dan sal hy speel, as daar videos is wat julle wil he ek moet bysit laat weet my dan sit ek dit op vir jou.Een van die dae sal ek ook clips van hoogtepunte van die breakfast show vir jou op my site laai dan kan jy weer daarna luister.Die ander goeie nuus is dat ek ook 'n link vir jou opgesit het na die enigste afrikaanse radiostasie in die wereld, die Uitsaaines, kliek op die link hier aan die regterkant net onder die musiekvideos en dan kan jy lekker na 'n afrikaanse radiostasie luister terwyl jy werk, ek gaan ook dalk self binnekort 'n draai by die uitsaainesnes maak....hou hierdie spasie dop...Lyk my dinge word nou op 'n spits gedryf daar in Zimbabwe, ons regering is onder groot druk omdat daar net stilgebly word, ek wil voorspel dat dinge binnekort gaan verander, ek dink nog steeds dit gaan te laat wees maar nou ja, dit is net ek...Dankie aan almal wat vandag 'n draai kom maak het by ons lewendige uitsending in Benoni en kom ondersteun het, ek waardeer julle mooi woorde en ek is nie van plan om op te hou baklei teen misdaad nie, EK SAL NOOIT OPHOU NIE!!Vrydag is die beloofde program oor misdaad, dis nou te se as die polisie nie weer kop uittrek nie.Ek glo darem nie, hulle het immers belowe om daar te wees....Plaaslik lyk dit vir my of die Paasnaweek nie juis iets gaan wees om oor opgewonde te raak nie, ek wonder waar gaan al die vaalies nou heen aangesien die strande blykbaar vir tot vier weke gesluit gaan wees in Natal, praat van 'n verlies van inkomste...Almal se altyd ek gaan so aan oor dwelms en hoekom doen ek dit, wel die rede is eenvoudig dit verander mense van dit hier links, kyk net hoe mooi en sexy lyk Britney Spears hier en dan kyk jy na hierdie ander foto van haar waar dwelms en drank haar lewe vir alle praktiese doeleindes verwoes het.
Dan vra jy jouself af waarvoor en vir wat en wat kan dit aan jou en my kinders doen en hoe lank gaan jy toelaat dat die druglords van ander lande wat onwettig in die land is ons kinders kom vermoor hier in ons eie land....en dan vertel jy my weer ek maak 'n bohaai oor niks nie...
Dit is wat dwelms aan mense se lewens doen en dit is hoekom jy 'n verskil kan maak moenie Vrydag se show misloop nie!



'n Tikkie raad vir Jacob Zuma, sy aanhangers het gister 'n konsert gereel om te help betaal aan sy regskostes, die "Friends of Jacob Zuma" groepie het 'n konsert gereel, lyk my when times are tough.....friends are few, daar het net 'n bietjie minder as 1000 vriede opgedaag, ja Jacob as mense moet begin betaal om te help met jou regskostes dan is daar maar min van hulle, wed jou as dit 'n rally was met gratis vermaak, vervoer en eet en drinkgoed was dit 'n ander storie......?? Ek wonder of Steve opgetree het?
’n Ontstoke inwoner het mnr. Mbhazima Shilowa, Gautengse premier, se Menseregtedag-toespraak gister in Sharpeville naby Vereeniging met ’n uitjouery oor swak dienslewering onderbreek. Dit is nou 'n storie wat my hoop gee vir die toekoms, ek het altyd gese die dag wat die regering onder sy eie mense beginne vrae moet antwoord is die dag wanneer dit gevaarlik gaan begin raak hier in ons land.............gevaarlik? Ja want hulle kan nie die vrae antwoord nie, die slegte nuus is dat dit die deur kan begin oopmaak vir minder gematigde "leiers" om allerhande meer gewaagde beloftes, a-la- Mugabe te begin maak............ Hoop ek is verkeerd!

Gedink hierdie is nogal snaaks om mee te eindig.


Gesels weer more...Wimpie.

2 comments:

Anonymous said...

great idee va die videos!

Anonymous said...

willem johannes karolus van der zandt, cool site smaak dit nou die in ding...ek lees nou en dan jou stories hart roerend glo my ek het self n paar dinge wat ek wil se maar ja wat ook nie geskik is vir die web werf,maar ja kaballas hou so aan ten minste roer iemand hulle, nou ja sterkte vir jou kaapse klopse die naweek...........tot weer nag ou grote tjorts HBK