Thursday, March 8, 2007

Hartseer, Dozi, moeilikheid in span B?


Dit was 'n lang dag op kantoor!

Ek wil net dankie se vir almal wat bygedra het vandag om van hierdie siek, deurmekaar en somtyds donker wereld vandag 'n beter plek te maak....

My dag het nie lekker begin vandag nie, Sheldean Human was nog te vars in die gehue, 'n kind op die drumpel van haar lewe wreed en sonder enige rede sommer maar net vermoor, dis Suid-Afrika vir jou, wonder wat dink God in die hemel van Suid-Afrika vandag....

Dankie aan almal wat luisteraars is by Oos Rand Stereo, julle bly die beste in die hele wereld, vanoggend op my show gese almal moet Vrydag pienk dra, as jy nie kan nie kom koop 'n pienk strikkie by Oos Rand Stereo vir R5-00 wat ons aan Sheldean se ouers skenk, dit was 8H00 vanoggend, laas gehoor vanmiddag iets soos 2000 verkoop.

Dankie, dankie, dankie en nog dankie, ek is nie 'n hotshot omroeper wat probeer naam maak vir homself nie, ek is 'n pa met kinders.....

Genoeg daarvan, ek probeer bietjie wegkom van al die negatiewe berigte en iets minder emosioneel stresvol hanteer, iets soos Dozi se voorgenome huwelik hoor ek, sterkte 'ou ryperd' en miskien 'n lessie vir jou nuwe bestuurder Barry, die limelight is nie vir jou nie, maar eintlik vir Dozi, ek kan nie onthou dat Miemie2 ooit meer in die pers aangehaal is as Dozi self nie, toemaar Barry jy sal nog leer, Dozi is eintlik die ster en nie jy nie....

Nice om te sien die ANC se eie LP mnr. Andre Gaum het Naledi Pandor aangevat oor die skool op Ermelo.
Gaum wou by haar weet wat haar departement se posisie rakende moedertaal-onderrig is, gegewe die posisie by Hoërskool Ermelo.
Pandor het gesê haar departement ondersteun alle leerlinge se reg om in hul moedertaal onderrig te word, en dat die keuse by ouers berus.
Met betrekking tot Ermelo het Pandor gesê die saak is nog voor die hof. Sy het onderneem om ’n verklaring te doen sodra die hofsaak afgehandel is.
Gaum het uitgewys dat nog net 19 Engelse leerlinge tot dusver by die skool ingeskryf is, al is daar met die hofaansoek aangedui daar is 113. Hy wou ook weet of bykomende geld beskikbaar gestel sou word vir die bykomende koste om parallelmedium-onderrig aan te bied.
Pandor, wat ’n party in die geding teen die skool se beheerraad was ten einde die Engelse kinders toegelaat te kry, het gesê die provinsie bepaal hoeveel geld aan ’n skool toegewys word.

Onmin in span B ons kyk met belangstelling wat gebeur volgende....

More (Vrydag verskyn Sheldean se beweerde moordenaar in die hof..... daar gaan 'n vreedsame betoging wees voor die hof....ek gaan daar wees in pienk,.

Dankie vir die wonderlike terugvoering op my show vanogged..... my geloof in mense herstel.... hou aan veg teen misdaad, ons gaan wen!

Dankie vir die great woorde op die internet Ek sal more terugvoering gee op al julle comments, dankie vir die ondersteuning, dis 12H30, SLAAPTYD, LUISTER DIE BREAKFAST SHOW MORE, KAN NIE WAG NIE.....
LEKKER SLAAP
WIMPIE

5 comments:

Anonymous said...

Great show wimpels, dankie dat jy opstaan teen misdaad.
Trudie de Beer

Anonymous said...

Jy moet in die bed kom!

Program Bestuurder

Anonymous said...

Wimps,
Oor Die Lewe, Mense en Dinge...
Realiteit is harder en kouer as Rusland, wreder as Adolf Hitler.
Moraliteit? Ek ontvang 30 silwer stukke met Judas se palm
En waar vind jy waardigheid?
Jy hang jouself op teen die Berlynse muur...

Anonymous said...

Ons het defnitief 'n "crime" probleem in SA en dit is asof niemand iets daaraan doen nie, ja ek stem saam dis ONS plig - ek weet jy gaan weer met daai Kaptein Somebody ou praat om terugvoer te kry - ek wil net graag iets anders opbring wat net so concerning is as die sake waaraan daar wel gewerk word.....dis die sake waar daar net nooit iets gebeur nie, agv die feit dat dockets net wegraak. Ek weet van ten minste 3 sake in die afgelope jaar waar dit uit die hof gegooi is omdat die dockets weg was - en glo my as ek geweet het wie die verantwoordelike persone was sou ek vir jou hulle name gegee het. Ek is op my eie mission, want ek gaan op een of ander manier uitvind wie die verantwoordelike persoon by die Brakpan Hof is wat die dockets laat wegraak en laat ons hoop die paar rand wat hy/sy kry vir hierdie net so erg crime was die moeite werd.

Anonymous said...

Wimp ek is die bliks-- in. Het met vandag se werk R55.00 verdien en R1300.00 skade gely. Dit omdat die gemors nie hulle hande van ander mense se goed kan afhou nie. Toe ek my motor oopsluit sien ek twee dinge. Glas die motor vol en my duur radio uitgeruk en weg. Hoe moet ek nou lekker slaap?
Trek more pink en denim aan en weet jy wat. Die bankgroep waar ek casual werk gaan ook so aantrek.
(Mag ons die regering wakker skud.)