
Oos Rand Stereo het 'n bedrag van R7 300 ingesamel wat aan die Sheldean Human Trust oorbetaal is.
Dit verbaas my net elke keer hoe wonderlik groot die mense van die Oos Rand is, elke keer as daar op hulle knoppie gedruk word. Dankie aan almal by Oos Rand Stereo, Retha, Marthie, Joker, Selina en selfs Darius, dankie dat julle nie vrae vra as ek met 'n mal idee opkom nie!
Gisteraand my ou pel Dozi raakgeloop by 'n korperatiewe funksie hier in Springs ek het toe nou ook sy nuwe meisie ontmoet, nice girl, mooi blondekoppie praat baie cute, sy brei, hy se hy is baie gelukkig en hy lyk sommer baie gelukkig ek is bly vir hom.
Klein maar baie belangrike nuusstorie vandag in die nuus, na 'n stryd van vyf jaar gaan die film en publikasieraad uiteindelik fliekgangers waarsku oor godslastering in flieks.
Me. Shokie Bopape-Dlomo, uitvoerende hoofbeampte van dié raad, het gister gesê die nuwe B-simbool teen godslastering word reeds toegeken deur die klassifikasiekomitee wat rolprente vooraf beoordeel.
Sy kon nie sê wanneer die eerste flieks met só ’n waarskuwing op die kringloop sou wees nie. Volgens haar is daar sterk druk deur die publiek uitgeoefen vir só ’n simbool, mooi so klop jouself op die skouer!
Mugabe kan maar nie uit die nuus bly nie...
Dít volg nadat pres. Jakaya Kikwete van Tanzanië gister in Zimbabwe aangekom het om samesprekings met Mugabe te voer te midde van groeiende internasionale kritiek teen die land.
“Die situasie in Zimbabwe raak al die buurstate.”
Me. Patricia Kaliati, Malawiese minister van inligting, het die menseregte-organisasies egter gekritiseer en gesê Zimbabwe is ’n soewereine staat.
Opposisieparty in Malawi het ook hul gewig agter die organisasies gegooi en gesê Zimbabwe is ’n verleentheid vir die hele streek.
Me. Patricia Kaliati, Malawiese minister van inligting, het die menseregte-organisasies egter gekritiseer en gesê Zimbabwe is ’n soewereine staat.
Opposisieparty in Malawi het ook hul gewig agter die organisasies gegooi en gesê Zimbabwe is ’n verleentheid vir die hele streek.
En hier by ons se die Suid-Afrikaanse president en regering..............niks, boggerol!!! SELA!
En daarmee is my praat ook op vir vandag, ek gaan die naweek bietjie werk aan my blog, nuwe foto's ens so kyk maar Maandagoggend wat het ek die naweek aangevang.
Lekker Naweek
Wimpie
3 comments:
Jou oggend show is fantasties lewendig. Dis my koffie op pad werk toe om my wakker te kry en toe te rus vir wat ook al die dag gaan oplewer! Hou so aan... Jy's 'n insperasie!
Dis absoluut Fabulous oor die nuus van die b-simbool wat van nou af in die movies gebruik gaan word. Well done! Ons mensies se oë is besig om oop te gaan en die hemele jubel & juig daaroor. Excellent, Amen, Great stuff!! Nou moet ons nog net vir Mogabe bid. Dit wat jy doen om die samelewing so te betrek is stunning, hou so aan. Dis 'n riem onder die hart om soveel uit die mense te kry. groete, Linette
QUANTUM MATHEMATICS OF BEBENOMICS??
WARM DAG IN ZIM. SOEK 1 BIER BY DIE KEG & SABLE. BIER KOS NOU
150 000 ZIM DOLLERS. JY KAN BETAAL MET 50 000 ZIM DOLLERS WAT NOG NAT IS VAN DIE INK OF MET MUNTE AS JY MOEDSWILLIG WIL WEES. DIT SAL DAN 15 000 000 ZIM EENSENT MUNTE WEES. 'N EENSENT MUNT WEEG 3 GRAM. DUS SAL DIE BETALING VIR JOU BIER 45 000 000 GRAM WEEG OF 45 000 KG OF 45 TON. JY GAAN MEER AS NET EEN BIER NODIG HE!!!!
Post a Comment