Friday, April 6, 2007

Arrive Alive? Sport(s)!




Nog 'n vakansiedag en nog 'n klomp mense se lewens is onherroeplik verander. Gisteraand was daar 33 ongelukke in die Johannesburg omgewing, die meerderheid a.g.v. alkoholmisbruik en onpadvaardige motors, scary!



As jy op 'n Paasnaweek jou lewe in jou hande neem op ons land se moordpaaie het jy meer guts as ek. Ons paaie is woes en volgens statistiek is jou kanse om te sterf op ons paaie op 'n naweek soos hierdie, net te hoog om dit te regverdig om vir 4 dae te gaan vakansie hou.

Dis dalk nie jy wat nie kan bestuur nie maar die ander ouens op die pad, dronk soos torre vat jou en jou mense se lewens in hulle hande wanneer hulle agter die stuurwiel inskuif.
Maar nou ja gelukkig vir die ouens met vakansieplekke en dorpe met strande en die see, dink almal nie soos ek nie........

Aan die einde van die Paasnaweek sal daar weer verskeie opinies wees hoekom Arrive Alive se veldtog weer nie gewerk het nie, en wat hulle met die volgende vakansie of langnaweek anders kan doen, ens, ens, ens.

Die feit bly staan dat Suid-Afrikaners gewoonte misdadigers is, en daarby bedoel ek ons het al so 'n kultuur van wetteloosheid dat dit geslagte gaan neem om dit te verander.

Van al die lande waar ek al in die wereld was, is dit in Suid-Afrika die maklikste om na 'n paar drankies agter 'n stuurwiel in te klim.

Australiers sal nooit in hulle lewe dit waag om besope te bestuur nie en nog minder mense in Europa.

By ons is dit een of ander prestasie as jy by jou vriende kan spog dat jy nie eers kan onthou hoe jy huistoe bestuur het nie, want jy was te dronk.

Baie min van my pelle, myself ingesluit, sou nog oorsee 'n lisensie besit het. Toegegee ons het geen maar geen, openbare vervoerstelsel nie en dit dra by daartoe dat dit so gaan, maar dit is nog steeds nie 'n verskoning nie.

Ons sportnaweek het afgeskop soos hy laas naweek klaargemaak het, 28-6 vir die Blues teen die Cheetahs.............EINA!


Ten minste gaan een Suid-Afrikaanse span wen die naweek, al is dit dan net omdat die Stormers teen die Leeus speel........ Sterkte Stormers.


Nou ja ek speel more, dis nou Saterdag 'n potjie golf saam my aartsvyand op die golfbaan, Tobie Truter en ek speel met geleende stokke, myne by 'n pel vergeet en hy is weg vir die naweek, sal Sondag verslag doen oor hoe my nuwe handicap vir my werk!

Tot Sondag, bestuur versigtig.......AS JY BESTUUR MOENIE DRINK NIE EN AS JY DRINK MOENIE BESTUUR NIE!!

Groetnis

Wimpie

No comments: