Wednesday, April 4, 2007

Naweek, transito rowe, kerk en drank? ANC voorbeeld!

Miskien is hierdie ouens gelukkig, net betyds, of miskien is hulle ongelukkig....net te laat! Shows you again, in SA if you're not fast, you are
food!

















Sport se karretjie hier in Suid-Afrika! Butana Komphela was seker die werktuigkundige wat gehelp diens het aan hierdie ou tjorrietjie!

Hopelik lyk ons naweek nie so nie, maar ek sal nie geld daarop sit nie.

Gedink ek kan julle laat lag so op die vooraand van die Paasnaweek.

Geniet dit as jy weggaan as jy nie weggaan nie, ek sal elke dag ietsie skryf want ek is ook op die tuinroete al om die huis, gaan nowhere, miskien net 'n potjie golf een dag en miskien net die Afrikaanse Musiekfees uitkyk by die Randse Skou Maandag..


Maar dis nog 'n dag of wat weg... Ek sien Johannesburg lyk weer soos die Wilde Weste soos die polisie en die Transitorowers mekaar uithaal met wapens wat die marines in Irak breed oor sal glimlag.

Wie sit agter transito rowe en wat maak hulle met al die geld? Hoeveel onwettige immigrante is die breins agter hierdie dinge of is dit ons eie mense?





Ek is 'n groot voorstander van Godsdiensvryheid en die reg om jou godsdiens te beoefen op jou eie manier, maar die Dros in Hatfield is besig om dienge bietjie te ver te vat. Die eienaar Shaun Barron, het besluit hy speel net Christelike musiek in die Dros en ek is jammer maar dit werk nie vir my nie.

Dit klink net nie reg om oor 'n paar Tequilas Saterdagmiddag met die rugby en krieket op televisie en 'n paar snackplatters voor jy na 'n liedjie of twee van Jan de Wet, Jimmy Swaggart en Danie Botha te luister nie, en nou weet ek mense gaan my weer wil kruisig maar sorry mense dit klink net nie vir my reg nie.



Sport, kos, drank, kuier en gewyde musiek in een sin.... mens moet respek he vir jou godsdiens, dis my opinie anyway.


As hy dit wil doen moet hy ook 'n gewetensbesluit kan neem om nie drank op sy perseel te verkoop nie........


Die Wes Kaapse tak van die ANC het besluit om nie die geld terug te gee wat hulle van Brett Kebble gekry het as skenkings, dieselfde geld wat gesteel, bedrog mee gepleeg is en bloed op hulle hande sit.

As die regerende party preek oor korrupsie en preek hoe misdaad vasgevat moet word en hoe bedrog in die bek geruk moet word en 'n houding wil inneem van "ons beveg misdaad en korrupsie" op grond waarvan wil hulle korrupte geld in hulle koffers hou?



Dit stuur 'n boodskap uit van misdaad is okay, of sekere soorte misdaad is aanvaarbaar en dan kan ons maar die opbrengste daarvan hou.......GREAT VOORBEELD VIR DIE RES VAN DIE LAND!

Wimpie

5 comments:

Anonymous said...

Hi jou sexy ding
Ek kan ongelukkig nie vir jou 'n foto stuur van my g-string nie, dis nog by jou ;)

Anonymous said...

Hallo Wimpie
Dankie vir 'n fabulous show, weet jy hoe goed jy is?
Sonia

Anonymous said...

Hallo daar
GR8! show, musiek was lekker vandag, plaas bietjie 'n meer sexy foto van jouself op jy blog ek weet jy's baie meer sexy as dit!
Ricky

Anonymous said...

Wimpie... Het j al gehoor van opperction uhuru .. Skryf bieki wat jy oor dit dink.. Glo jy dat dit gan gebeur ens..

Anonymous said...

Jy skryf baie goed en jou blog is great.Ek wil net vir jou se ek is regtig jammer oor alles en as ek dit kon verander sou ek.Ek verlang so baie en nog meer en ek het jou so baie lief.Ek kan nie verstaan hoekom dit so moeilik in die lewe moet wees nie,en hoekom kan mense wat mekaar so baie liefhet nie bymekaar kan wees nie.Sou dit nie net soveel makliker gewees het as mens nie kon liefhe nie,of dalk is jy reg as jy se dis nie waaroor dit gaan nie.Ek wil net weet of dit so moeilik is om uit ander mense se lewens uit te bly en is dit onmoontelik want dan weet ek nie want ek kry dit nogal goed reg.As ek kon terugkom aarde toe sal ek soveel dinge anders doen.Ek wil net he jy moet weet dat jy altyd die groot L in my lewe sal bly! Ek Wonder soms of alles wat n mens doen om ander mense gelukkig te hou die moeite werd is en waaroor gaan die lewe eintelik?Ek het altyd gedink die lewe gaan oor die Liefde want sover ek weet staan in die Bybel dat die liefde oorkom alle dinge.Ek moet gaan,ons gesels weer!Al my liefde.Jy weet wie