Tuesday, April 3, 2007

EK is klaar met Rugby, die vraag wat Steve vergeet het om Zuma te vra!




Ek is klaar, klaar met rugby!




Ek gaan nie toelaat dat ek gyselaar gehou word oor my liefde vir 'n sport nie!

Volgens Butana Komphela, voorsitter van Suid-Afrika se parlementere portefeuljekomitee oor sport kan die Springbokrugbyspan en bestuur se paspoorte opgeskort word as die span nie genoeg verswak word, sorry, nie genoeg getransformeer word vir die wereldbeker nie.

Nou verstaan my nou mooi...EK IS KLAAR MET RUGBY... Ek is nie meer gepla of die bokke wen, verloor, speel of nie speel nie, julle het my liefde vir die spel stelselmatig doodgemaak en ons spanne so verswak dat ek nie meer omgee nie.

Daar is al hoe meer Suid-Afrikaners wat ek ken wat vir spanne soos die All Blacks en die Wallabies skreeu, ek is ook nou een van hulle.

In 'n posting verlede maand het ek geskryf hierdie jaar se rugby en krieket wereldbekers is die laaste keer dat 'n SA span 'n kans gaan he om iets te wen voordat ons op gelyke voet met spanne soos Zimbabwe en Namibie gaan meeding en net so k@k gaan wees soos Bafana Bafana.

Mense soos Komphela en sy maatjies moet verstaan dat hulle nie gewone ondersteuners soos ek en jy gyselaar kan hou nie, dis eenvoudig as julle hierdie strooi in ons keelgatte gaan afdwing beteken dit nie ons gaan nie meer rugby kyk nie, nee ons gaan nog steeds kyk as spanne soos die All Blacks en die Wallabies speel, ons gaan net nie meer ons eie spanne ondersteun nie, ek ondersteun nie 'n klomp losers nie, die waarheid is dat elke arme afrigter wie se kop gewaai het die laaste paar jaar, sit in 'n plek waar hy nie die sterkste span kan kies nie en daarom verloor ons in toetse, super 14 wedstryde en elke toernooi denkbaar, dit is net nie meer aanvaarbaar nie, as julle dit wil ondersteun, maak so maar ek is klaar!
Dis tiperend van Suid-Afrika vandag en as jy wil weet hoekom die land in so 'n gemors is kyk maar net wat met ons rugby gebeur het.
Voor ons terugkeer tot internasionale rugby in 1993 was daar geen land wat ons meer geklop het as ons vir hulle nie, nie eers die All Blacks nie, na 1993 kan ons niemand meer met vertroue aandurf nie, die rede, ons MOET tweederangse spanne kies en dan verloor ons en dan is dit almal se skuld behalwe 'n onregverdige stelse s'n.

Dienslewering in SA het so agteruitgegaan dis eintlik 'n verleentheid, 'n direkte gevolg van regstellende aksie, en dis net 'n kwessie van tyd voor ons ekonomie lyk soos Mugabe s'n 'n direkte gevolg van restellende aksie, onbekwame en onbevoegde mense moet aangestel word net soos onbekwame en onbevoegde spelers vir die Springbokke en die Proteas moet speel. DIS ONAANVAARBAAR, ASB. HOE DIE BOKKE SE PASPOORTE TERUG EN SPAAR ONS NOG 'N VERNEDERING BY DIE WERELDBEKER!!!!
Ek sien dinge is besig om vinnig na 'n punt toe te staan vir Steve se nuwe beste pel, Jacob Zuma.

Zuma se regspan gaan nou weer beswaar aanteken nadat 'n regter gister beslis het die dokumente wat Zuma kan skuldigbevind aan korrupsie, moet uit Mauritius aangestuur word.

Ek wil graag 'n vraag vra aan mnr. Zuma en ek wil weet hoekom Steve Hofmeyr hom dit nie gevra het toe hulle laas saamgebraai het nie. AS JY ONSKULDIG IS HOEKOM WIL JY NIE HE DIE DOKUMENTE MOET UITKOM NIE?

My gesonde verstand se as jy onskuldig is dan kan dit jou onskuld bewys, tensy jy natuurlik, hemele bewaar ons, dalkies net, skuldig is!!
Dis al vir nou want ek voel ek is oppad om weer 'n aar in my kop te bars!

Wimpie

1 comment:

Anonymous said...

Hi daar Wimpie, ek kan nie sonder om te wonder wat jou horlosie laat tik in die lewe nie.Waarvan hou jy en wat is jou uiteindelike doel in jou lewe?Is jy gelukkig in die lewe ,dinge liefde en jouself?
Ek dink jys n vreeslike sensitiewe mens en dink altyd sonder ophou baie diep oor dinge!
Almal is mal oor jou selfs ek en ek dink dis weer tyd dat iemand jou weer n slag waardeer.Of wat dink jy?Laat val iets op jou blog sal daarvan hou om jou baie beter te leer ken!Ek dink ek en jy sal lekker click en jou dalk weer laat tick!!!!