Wel daar kom 'n tyd in almal se lewe wanneer dit van pas is om omverskoning te vra, so 'n tyd is gewoonlik wanneer jy 'n oomblik van passie beleef of wanneer jy dalk net besef jy het jou groot mond oopgemaak voor jy gedink het, wel so 'n oomblik het ook vir Wimpie van der Sandt aangebreek en ek moet humble pie vreet en se ek is jammer.....Jammer Jacques Kallis, ek wat Wimpie van der Sandt is , is jammer en ek vra groot verskoning, behalwe vir die fenomeen, Ricky Ponting, is jy die beste speler by die wereldbeker en ons gewone sterflinge is nie in jou klas wanneer dit kom by krieket nie.
EK IS JAMMER OKAY!
Nou ja dit is dan dit, Kallis het gekke gemaak van sy kritici en dit sluit my in en ek is jammer.
Wel gedaan aan die Suid-Afrikaanse krieketspan teen die Windies, of dit genoeg is om enigsins verder te vorder in die toernooi sal ons moet sien, maar vir nou is ons tevrede, die whiskey is weer lekker, die sigare proe eersteklas en die Kaap is weer hollands......
Of ons nog so gaan voel na Nieu Seeland..... ons sal maar moet sien maar vanaand is alles weer reg hier in die mooi Suid-Afrika.

Nie alles is reg nie, ek luister vandag in my kar na 'n geselsprogram op 702 waar hulle praat oor dwelms, tieners en nagklubs in Suid-Afrika.
Ouens bel in wat dealers is of was, klubs besit het en as definisie net ongure karakters is of was op die nagklub scene, dit volg natuurlik vars op die rug van baasspeurder Piet Beyleveld se sukses op die dwelm en georganiseerde misdaad front hier by ons.

Ek het al voorheen gevra en ek vra weer, kan ons nie maar vir Piet 'clone' nie?
As jy as ouer weet wat by hierdie klubs aangaan en waaraan jy jou kinders blootstel sal jy in jou lewe nie toelaat dat hulle soontoe gaan nie, en dit sluit alle clubs, rave's en wat jy dit ookal wil noem, in.
Dis nie meer die dae meneer en mevrou, toe ons gejol het, 'n paar biere gedrink het en baie nonsens in die kroeg gepraat het nie, nee vandag is dit drink 'n klomp doppe, koo'n pil of twee, snuif dit af saan so drie gram coce, rook 'n daggozol en dan gooi hulle goed in jou dogter se drankie voor hulle haar buite iewers in een of ander agterkamer of kar gaan verkrag sonder dat sy eers weet wat haar tref!
Ek is bly ek hap so aan 40 se gat wat ek het nie meer nodig om hierdeur te gaan nie, ek het my innings gehad, maar ek bekommer my oor jou en my kinders wat nog daar deur moet gaan....
Laat ons maar eerlik wees, ek wil nie eers daaraan dink dat my dogter deur sulke dinge moet gaan nie, maar dat dit gaan kom is nou maar net 'n feit.
Ek gaan die volgende paar weke hier op my blog vir jou bietjie meer van dwelms probeer vertel, waarvoor moet jy uitkyk wat is die simptome as jou kinders daarmee deurmekaar is en wat jy daaraan moet doen as dit dalk met jou gebeur...
Ek hoop dit gaan onnodig wees vir jou, maar die stats se jy gaan hierdie info nodig kry een of ander tyd in jou of jou kinders se lewe, so hou hierdie spasie dop....
Verder sukkel ek my dinges af om my blog gelaai te kly by Blogtopsites.com, ek het
hom gelaai, jy sal sien hier langsaan, nommer 6 vandag in die entertainment afdeling, probeer dit verander na Afrikaanse blogs toe sonder sukses, as jy dalk weet hoe, laat weet my.
Dankie in alle geval vir die ondersteuning, 160 hits vandag colgens blogstats en dit word elke dag meer....
Ek het 'n onderhoud Woensdag in my show met die sanger Joe F, voormalig van Luvuso-faam, en dan hopelik Donderdag met Piet Byleveldt, sien uit na daai een!
Ek moet tog een of ander tyd 'n storie skryf oor Suid-Afrika se lamlendige internet sevice providers, die duurste internet dienste in die wereld vir die swakste gehalte diens!
Dink ek doen dit sommer more, as ek eers twee rooi liggies sien flikker op my 3G kaart kan ek in my broek dinges!!!
Vodacom, julle is soos 7e Laan se aanbieders by die Randse skou gister....JULLE SUCK!
Nou ja daarmee se ek groetnis vir vandag, blog weer more!
Wimpie

Ps. Ek het 'n nuwe haarstyl, komplimente van Frikkie de Jager, van Playboy, ek dink dis baie cool, thanks Frik, miskien plaas ek more 'n foto!





4 comments:
Ek is mal daaroor as jy so uitfreak oor dwelms op jou show, maak die wereld vir hulle warm Wimps.
Ek wil graag sien hoe lyk die nuwe haarstyl, plaas daai foto.
Dankie vir alles wat jy doen ons sien dit raak al lyk dit nie altyd so nie.
Ria
Kallis RULES van der Sandt!
Dink jy jou hare lyk cool?
Ek sal daarvan hou om dit te sien,party mense werk nog hierdie tyd van die aand soos ek,ek sal vir jou my CEO se nommer gee dan sort jy hom bietjie vir my uit.
Well done SA Krieket!!!!!
Wel ta-ta!!:')
Hallo Wimpie,
Ek ken jou nou maar vandat jy op die SA Blog Top Sites is. Maar die link na jou site toe is verkeerd. Ek het die .co.za met .com vervang en so jou site gekry... Ek weet nie of almal daaraan sal dink om dit te doen nie.
Ek sou graag na jou radioshow wou luister...
Groete
Post a Comment