Tuesday, May 8, 2007

Die Lewe, mense en dinge, rerig!

Hierdie blog se naam is die mense lewe en dinge, want dit gaan oor die mense lewe en dinge.
Elke dag dink ek ek word groter want ek begin al meer mense se pyn en bekommernisse raaksien ek sien ook al hoe meer die wrede gevolge van 'n roekelose lewe en die uitwerking wat so 'n lewe op iemand anders het....
As jy in 'n verhouding was waar jy iemand sleg behandel het, kan jy maar seker wees die letsels van daai verhouding los 'n merk op die ander persoon en verander daardie persoon se lewe en persoonlikheid, moontlik vir altyd.
Ek moet vandag my kop laat sak en erken miskien is ek ook skuldig en miskien het ek ook baie mense se lewens onherroeplik verander....
Daar is ongelukkig nie veel wat jy agterna daaraan kan doen nie, jy sien dit help nie die skade is gedoen, maar jy kan aan jouself werk vir die toekoms....
Jy sien dis hoekom ek kwaad word vir ouens soos Louis van Wyk wat dink hulle kan doen wat hulle wil en dat hulle dade geen gevolge het nie, en ouens wat mense soos hulle verdedig en dit afmaak as "dis maar net hoe hy is".
Dis nie meer vir my aanvaarbaar nie, ek word of groot of oud!!!
Alle geval dis genoeg van my geteem vir een dag, bottom line is net dit, ek gaan probeer om te verander en in die toekoms 'n beter mens te probeer wees, vir almal om my, maar bo alles vir myself....
Hierdie is my pad op die pad van die lewe, hoe is joune?
Op 'n persoonlike noot vandag 18H20 was een van die beter dae in my lewe, ek onthou die tyd nog goed want ek het op my horlosie gekyk en gedink ek moet die tyd onthou...
Sestien jaar terug is my dogter Janine gebore, met die tyd was ons na aan mekaar toe ver van mekaar en ek is bly om te se vandag weer na aan mekaar, sy is maar 'n tipiese tiener vol nukke soos tieners maar is, maar hoe ouer sy word is dit al meer of ek in 'n spieel kyk as ek vir haar kyk, dieselfde hardkoppigheid as haar pa, dieselfde neus, mond en ek is net trots om te kan se geluk my bokkie met jou verjaarsdag en ek is trots om jou pa te wees nie anders om nie, ek is lief vir jou en he 'n great dag, mens word net een keer sestien....Sien jou op mixt!
Bietjie emosioneel vandag, ek kan nie glo my kind is so mooi of sestien nie!
Dis my storie vir vandag blog weer vanaand.
Wimpie
Ps: Ek los die meningspeiling oor die backtrack ding vir nog 'n dag want ek wil 'n goeie aanduiding kry wat julle dink, daar is 'n goeie rede daarvoor, so gaan stem!

6 comments:

Anonymous said...

wow jy is eintlik 'n great mens!

Anonymous said...

Hi Wimpie

Geluk met Janine se verjaarsdag. Jy kan baie trots voel om so 'n wonderlike pa vir jou kinders te wees. Sit vanaand seblief 'n foto van haar en Wian op jou blog sodat ons bietjie kan sien hoe pragtige kinders hulle geword het.

Anonymous said...

diep so da is 'n diep kant ook!

Anonymous said...

Hallo Wimpie,

Mag julle geseënd wees in alles wat jul dogter doen en mag sy net die mooi sien in die lewe. . .

Mag sy julle ouma en oupa maak van 10 en mag sy julle net geluk en volle vreugde bring!!!!!!!!!!

Geniet die res van jou tyd saam met haar groette Spookie

Anonymous said...

Wimpie

Baie geluk met Janine se vejaarsdag. Sy kan baie trots wees op haar cool Pa.


Groete jou HOSEMATES

Anonymous said...

Jammer vir die spelfout.


HOUSEMATES