
Ek luister gister op 702 na 'n interessante gesprek oor bekendes en hulle verhoudings met die media.
Ek is self iemand wat gereeld onder die kritici deurloop en dis partykeer nogals hard om te vat want jy weet jou intensies was nie altyd soos dit oorgedra word nie.
Dit is maar deel van die lewe en mens moet maar dit so aanvaar.
Bekendes het 'n vreemde soort liefdes, - haat verhouding met die pers.
Wanneer die pers benodig word om publisiteit te verskaf is die media goed genoeg om gebruik te word maar as die pers dit durf waag om 'n negatiewe berig te skryf is hulle uitvaagsels en skuldig aan swak joernalistiek en blah blah blah...
Met die vrylike beskikbaarheid van die internet deesdae sluk ek ook maar swaar aan die storie van sekere sterre wat sekere tydskrifte en publikasies 'verkoop'.
Ons in Suid-Afrika het wat die pers aanbetref, nie eers 'n idee van hoe groot die koek is wat skindernuus en skinderrebrieke aanbetref nie omdat ons nie rerig "celebs" het nie.
Kom ek verduidelik in Suid-Afrika moet 'n kunstenaar maar 25 000 cd's verkoop om 'n goue plaat te he, dis eintlik maar niks in Amerika is dit 500 000 vir goud en een miljoen vir platinum, dit plaas so bietjie in perspektief hoekom ons nie juis noemenswaardige celebs in hierdie land het nie.
Ek wonder wat sal die celebs wat so uitvaar teen die plaaslike pers se as 'n webwerf soos perezhilton.com met 7.5 miljoen hits per dag! verslag doen oor hulle doen en late.
In Suid-Afrika is die pers Royal game met kunstenaars wat in die openbaar en oral op hulle shows spog met hoe hulle al die pers aangerand het en hoe hulle dit weer sal doen!
En dan kan hulle nie verstaan dat daar so 'n geweldskultuur in Suid-Afrika bestaan nie en staan hulle om braaivleisvure en kla oor die geweld in die land!
Die geweld in die land menere waartoe julle mildelik bydrae.
Ek wil die geval van Steve Hofmeyr se bekgeveg met die koerant Sondag in perspektief plaas, Steve het op sy blog uitgevaar teen Yolande Barnard wat die berig geskryf het oor hoe Steve sy vriendskap met 'n 'vriendin' moes verbreek op die aandrang van sy vrou....maak maar jou eie gevolgtrekkings!

In plaas daarvan dat Steve op sy blog....en 'n blog is ook maar 'n tipe van 'n tydskrif, persvryheid verdedig en verduidelik vaar hy uit teen die pers en sy bloggers tree natuurlik vir hom in die bresse en lewer uitsprake teen die betrokke joernalis wat grens aan laster en haatspraak en fisiese dreigemente word gemaak wat sal veroorsaak dat ek 'n permanente bodygaurd sal aanstel as ek sy is...
En daar kom die groot probleem van ons land weereens na vore, George Orwell het in 1948 in 'n boek met die naam van Animal Farm geskryf: " All animals are equal but some are more equal than others!".
Moenie loop en kla en optogte bywoon en reel as jy deel van die probleem in die land is nie.
Komaan Steve doen doen die regte ding praat met jou fans en met jou bloggers, verduidelik hulle die beginsel van persvryheid en dat as mense soos Yolande Barnard sti;gemaak word en nie stories kan skryf nie, bly ons in Zimbabwe met regeringsbeheer oor wat ons mag hoor en wat nie en dan Steve, sal jy nooit toegelaat word om die meeste van die goed wat jy so lekker, en ek bedoel lekker want ek geniet ook jou blog, oor te skryf en te praat nie!
Soos hulle se in Engels just a thought, use it don't use it!
Later
Wimpie
Ps. gee later terugvoering oor my groot transformasie debat met Johann Kruger vanoggend op my show!
15 comments:
Ditsim Wimpie!!!!!!!!!
Vertel hulle(hom)!
Liefde spookie
More Wimpie
Ek het nie die hele ding gelees of eens gevolg nie, maar ek het my vererg vir die uitlatings wat gemaak is mbt die media by sssb. En dit gese ook. Ek hou van Steve want ek dink hy het 'n skerp brein, daarna hou ek van sy musiek - nie andersom nie. Dis nooit 'n goeie ding om enige mens op 'n troontjie te plaas nie. Hy is net vlees en bloed soos die res van ons. Ek dink daar le die ding. Baie mense daar maak van Steve 'n afgodjie en dit is nie net onregverdig teenoor hom nie, maar hul stel hulself oop vir disappointment. As iemand in die media gaan se steve se onderbroek het 'n gat in gaan die bloggers daai ou uitmekaar skeur. Ek het dit agtergekom, so ek is nie meer so gereeld daar soos maande gelede nie. Dit piss my af. In totaliteit. Dat mense so histeries kan raak omdat hierdie (doodnormale) man ook sy share van probleme het. Magtig, hy is intelligent en 'n groot man en dis nie nodig dat almal hom alewig in watte hoef toe te draai nie.
Soos ek se, ek het nie die hele ding gevolg nie en ek stel in elk geval so min belang in sy persoonlike doen en late dat dit my nie kan skeel of hy 'n harem het nie! Sy saak is sy saak. Ek dink hy is 'n aangename man. Nothing more, nothing less. Net dit.
Eish - praat van 'n soapbox....
Hey gatta patatta
ek is eerstens 'n joernalis en tweedens 'n radio omroeper ek het joernalistiek geswot en dis in my bloed, ek verstaan die beginsels van persvryheid baie goed en ek verstaan hoe die pers werk.
daarmee gaan ek volstaan, persvryheid is ononderhandelbaar!
Goed genoeg!
Wat het geword van jou debat van vanoggend - apologie - sou graag dit wou hoor - bly net in die buitewyke en wou nie so vroeg opstaan om te luister op die net nie.
Wimpie,
ek gaan se soos 'n oulike blogger by sssb (dink dis deffie?) Sela en Amen!
As jy jouself uitgee vir 'n toffie, moet jy dit kan hanteer as mense aan jou gaan begin kou!!! Selfopgestelde celeb of nie!!!
Van hulle is (die sogenaamde celebs) soos kinders, hulle smag selfs na negatiewe aandag as heeltemal niks aandag nie, solank daar net IETSIE van hulle geskryf word!!!
En dan as die popo die 'fan' slaan dan wil hulle begin kriewelrig raak en die blaam verplaas! Dit is 'n Catch 22 situasie, almal wil maar net hulle 'werk' doen!
As jy jouself uitgee vir 'n toffie, moet jy dit kan hanteer as mense aan jou gaan begin kou!!! Selfopgestelde celeb of nie!!!
Van hulle is (die sogenaamde celebs) soos kinders, hulle smag selfs na negatiewe aandag as heeltemal niks aandag nie, solank daar net IETSIE van hulle geskryf word!!!
En dan as die popo die 'fan' slaan dan wil hulle begin kriewelrig raak en die blaam verplaas! Dit is 'n Catch 22 situasie, almal wil maar net hulle 'werk' doen!
oeps jammer - oor die duplisering van my kommentaar , wou nie my appeltjie twee keer skil nie!
HOEZIT ALMAL
HEY O WIMPIE ONS MOES MAATS GEWEES HET, WANT ONS DINK BAIE DIESELFDE. EK SE AL JARE DAT HIER IS NIE EINTLIK `N SUPERSTER OF `N HEAVY CELEB IN ONS LAND NIE.ONS LEWE IN HIERDIE KLEIN KOKONNETJIE EN ALLES HIER LYK MOER GROOT.MY DOGTER WAS VERLEDE JAAR IN AMERIKA EN HET MET DIE INTRAP SLAG DAAR GEVOEL "KYK NOU IS EK NIKS ALLES IS SO ONGELOOFLIK GROOT SY SE JY VOEL DIT SOMMER IN JOU WESE."JY SAL WEET WANT JY WAS AL DAAR.
EK LEES SO RUK GELEDE DAT CHRIS CHRISTOFFERSON AL MEER AS `N HONDERD MILJOEN (100 OOO OOO) ALBUMS VERKOOP HET.DAARBENEWENS WAS HY `N PROFESIONELE AMERIKAANSE VOETBALSPELER, GOLDEN GLOVES BOKSER, KAPTEIN IN DIE AMERIKAANSE WEERMAG,HELIKOPTER VLIENIER,FILMSTER,BARTENDER EN HET ONDER ANDERE VIR WILLIE NELSON, PORTER WAGONER,WYLON JENNINGS EN MENIGE ANDER GROOT GEESTE IN DIE COUNTRY BEDRYF LIEDJIES GESKRYF.
WAT EK EINTLIK VAN HOM WIL SE IS DAT HY IN SY LEWE OOK KWAAI DEUR GELOOP HET DEUR DIE MEDIA OOR SY ROWWE LEWE VOOR 1983 VAN BAKLEIERY, DRONKAARD , WOMANISER EN HEAVY PARTYTJIES.MEGASUPERSTER WAT HY IS HET HY DIT SOOS `N MAN GEVAT EN NOOIT ENIGE PAPARATZI OF BERIGEWER GEDREIG NIE EN NOOIT AAN EEN GESLAAN HET NIE.OF IEMAND NODIG GEHAD OM NAMENS HOM GAL TE BRAAK EN ANDER TE DREIG NIE.
JA EK LEWER OOK COMMENTS OP STEVE SE BLOG.HY IS REGTIG GOED IN WAT HY DOEN EN NATUURLIK HOU EK VAN SY MUSIEK EN JA EK SAL SOMS NA `N SHOW VAN HOM GAAN KYK..MAAR... HY KAN SOMS NES DIE MEESTE VAN SY BLOGGERS BAR EN SOOS LAE KLAS, JAN BOM , AGTERTANGSE, DAMDUIKERS TEKERE GAAN.
LOS DIE PAPARATZI DIS HUL BROOD EN BOTTER.
EN M.E HET DIE REGTE OPLOSSING VIR SPORT IN ONS LAND LOS DIT.OF ONDER STEUN EERDER OORSESE LIGAS.
LEKKER DAG.
dankie brein....ook vir die inligting oor kris, ja as mens na mega supersterre in die wereld kyk dan lyk dinge hier by ons maar bitter klein ne!
jy is reg oor amerika, ek het die voorreg gehad om 'n paar keer daar te gaan draai en alles is rerig net 100keer groter!
JA EK SIEN EK HET SY NAAM VERKEERD GESPEL DIS MET `N K EN NIE `N C NIE.
MY DOGTER HET OOK VIR MY `N DVD VAN HOM MET AL SY TREFFERS WAAR HY IN AUSTIN TEXAS OPGETREE HET SAAM GEBRING VAN AMERIKA AF, EK KON DIT NIE HIER KRY NIE.
Basiese joernalistiek is om die feite te check en Wimpie - jy van alle mense behoort dit te wees. Back to besics - kry albei kante se storie en skryf dan jou storie om altwee kante se storie te kry. Daar is altyd my kant van 'n storie, jou kant van die storie en dan die regte storie! En dis die joernalis se werk. Ongelukkig is Yolanda so 'n swak joernalis dat sy stories fabriseer. Kyk die belaglike storie oor Bill Flynn in Sondag - sensasionele foto op die voorblad wat hoegenaamd nie in lyn is met die storie nie. Jy MOET jou storie op feite kan fundeer - as jy dit nie kan doen nie, los die joernalistiek, want dan is jy 'n SENSASIEPES! En lyk my deesdae is daar baie meer van hulle as goeie joernaliste.
Hi anonymous
jy's reg ek van alle mense sal weet jy moet die feite check en ek tree allermins nie vir yolande in die bres nie, maar jy sal altyd ongewild wees aan een van die twee kante want iemand gaan nie noodwendig met jou saamstem nie...
onthou ook die joernalis is nie verantwoordelik vir die bladuitleg, posisionering van foto's ens. nie.
die punt bly net ek dink dis belaglik dat 'n joernalis se lewe bedreig word omdat sy haar werk doen!
Die enigste rede hoekom dit annonymous is, omdat ek nie die moeite wil doen om in te teken nie.
Die enigste rede hoekom 'n persoon iemand anders sou wou afkraak, is om homself beter te laat voel, so ek gaan nou nie doen wat jy doen nie.
Get over yourself. As Steve dan nou nie 'n celeb is nie, wat is jy so geinteresseerd in sy doen en late?
Post a Comment