Friday, August 10, 2007
Langnaweek Blues!
Ek het self nog nie die advertensie gesien tot nou nie, dis die Springbokke se advertensie vir die wereldbeker in Frankryk, so bietjie melodramaties maar cool anyway!
Sterkte manne die wereldbeker is net 'n maand weg maar ek begin klaar koors kry!
Gister was vrouedag ek weet nie of vakasiedae regkry om jou by 'n spesifieke tema vir die dag te laat hou nie, ek het eerder gaan golf speel gister na 'n lekker aandjie by Firkin in Boksburg die vorige aand, ek het lekker gekuier, Theuns Jordaan het opgetree en ek moet se die man mag maar sing, maak nie saak wat jou eie persoonlike gevoel oor hom is of nie is nie...
Die pres gaan dank toe die adjunk minister van gesondheid af gister....plaas dank hy die minister van gesondheid af...
Die gevoel ontstaan nou as jy nie in die pres se goeie boekies is nie het jy moeilikheid.
Me. Nozizwe Madlala-Routledge het gister ’n helde-ontvangs in Kaapstad gekry nadat pres. Thabo Mbeki haar in die middernagtelike ure as adjunkminister van gesondheid afgedank het.
Sy sal vanoggend op ’n mediakonferensie in Kaapstad haar kant van die saak stel.
Sowat 150 lede van Cosatu, die SAKP en die Treatment Action Campaign (TAC) het Madlala-Routledge gistermiddag op die lughawe ingewag. Hul plakkate het onder meer gelui “Nozizwe, ons sal jou altyd steun” en “Mbeki, staak jou ontkenning (oor MIV/vigs)”.
Ek het 'n gevoel daar is meer agter die storie as wat die presidensie se, ek kan nie wag vir die mediakonferensie nie.
Ek is n bietjie oppad Kaap toe volgende week vir 'n vinnige ekskursie van twee dae, hou hierdie spasie dop miskien kom ek terug met groot nuus, wel groot nuus vir my in alle geval...!
Meer kan ek nie op hierdie stadium se nie.
Die gewildste video op You Tube op die oomblik is 'n Suid-Afrikaanse video oor 'n buffel 'n krokodis en 'n trop leeus, dis awesome:
Daar is my storie vir vandag he vir jouself 'n fantastiese naweek, en moenie iets doen wat ek nie sal doen nie!
Wimpie
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
6 comments:
More Wimpers
Lekker dag vir jou ook :)
Vir jou ook neef
MWAA
Spookie
More almal
Wimpie ek hoop nie jy gaan Oos Rand Stereo verlaat nie, vir wie gaan ons kwaad word in die oggende en natuurlik gaan ons al jou comments mis.
Maar dis seker maar die lewe.
Ek sien Johan Kruger het kommentaar gelewer oor transformasie.Die ou het seker `n paar dooie breinselle wat verswart het.Sy redenasies is maar baie oppervlakkig.Ek sal hom later bietjie aanvat.Gou eers bietjie gaan shop en besigheid doen.
DIE BREIN jy klink vir my na n regte poephol, regtig! Jy moet regtig jou naam verander, want die brein pas glad nie! As jy nie jou insette gee oor jou detox diet nie, dan is dit iets anders. SO
BY THE WAY... Jou "detox diet" is groot gif. Mens sal maer word, want jy eet amper niks en as jy iets eet is dit net net genoeg om jouself te oortuig dat jy nou geeet het. Sommer kak! Oomblik as jy weer normaal begin leef en eet en als, dan tel jy elkgeval al jou gewig, wat jy dan nou met jou "detox diet" verloor het weer op!
En dis nie wat ek dink nie, dis wat ek al gesien het!
anti-die brein!!
Ek is nogal heel beindruk met die Bokke se video. Ek hoop net in hierdie geval is hulle BYT inderdaad nog erger as hulle blaf!
Ja, daar gaan dank Mbeki toe juis die verkeerde persoon af. Maar dis in lyn met die Afrika-mentaliteit wat in wese propageer dat lojaliteit baie belangriker is as jou vermoeenns/prestasie. Moenie aan Mbeki se verkeerde kant kom nie. Hy sal jou faks!
Hi anonymous
Ek dink ek weet wie jy is.Is jy gepla met die woord "regtig" ok jy is regtig `n drol.
Jy moet net se watter vinger soek jy.Weet jy wat is groot gif?Die gemors wat jy in jou dik liggaam in prop.
Ek is seker jy is redelik laag geletterd, want anders sal jy nie anonymous wees nie , jy sal `n blogger naam he.Jy weet blykbaar nie hoe om dit te doen nie.En ek is seker jy sal eers weer Maandag blog, want jy het seker by jou werk gesurf en kan sekerlik nie `n 3G kaart of internet by jou huis bekostig nie.
Nag ou grootte.
Goeie comment boerinbalingskap net jammer die pres lees nie die blog nie.
Wimpie ek wil Bobby van Jaarsveld gaan kyk by Firkin, waar is die plek en waar kan ek boek?
Lekker naweek.
Post a Comment