Tuesday, October 9, 2007

Ysberge in die see!

Miskien verbeel ek my en ek dink ek het al hieroor geskryf maar wat de hel gaan met die weer aan? Ek het al baie donderstorms gesien, veral hier in Gauteng maar genade mense, dis asof hierdie storms in intensiteit toegeneem het tot iets heel onbekend aan ons....

Winde waai stormsterk hier by ons en dit voel of mens onveilig is op die paaie, op 'n stadium gister gedink die wind gaan my karretjie omwaai! Ander ding wat my opgeval het is toe ek gister met Lindi (Steve se bestuurder) op die foon gesels, toe se sy vir my dit is pikdonker en toegetrek by hulle, ek lag nogal vir haar en se dis heerlike sonskyn by ons en ek dink daaraan om te gaan swem! Skaars 20 minute later waai die wind jou kar van die pad af en dit sous dat die byle huil!
Nee hulle kan maar se wat hulle wil, hierdie is beslis nie "normale" weersomstandighede nie en frankly maak dit my bietjie bang...
Intussen is nog ‘n teken dat alles nie pluis met die weer is nie waargeneem toe vissermanne van St. Francisbaai in die Oos-Kaap ‘n ysberg, slegs 35 seemyl van die kus af opgemerk het. Dit is die eerste keer dat ‘n ysberg so na aan die Suid-Afrikaanse kuslyn gesien word. Die ysberg is na bewering 25 meter lank en 20 meter hoog.
Huh? 'n Ysberg in Suid-Afrika!
Die wispelturige weer van die afgelope paar dae het meegebring dat vals gerugte oor ‘n tifoon wat na Pretoria op pad is, groot paniek veroorsaak het. Beeld berig dat hulle kennis dra van een persoon wat deur weerlig getref is. Die storm was veronderstel om Gauteng en Mpumalanga laat gistermiddag te tref. Banke en skole het veiligheidshalwe vroeg gesluit. ER24-woordvoerder, Werner Vermaak, sê mense het paniekerig geraak en die noodorganisasie se beheerkamer aanhoudend gebel om uit te vind wat hulle te doen staan. Die verkeersdruk tussen Pretoria en Johannesburg het ook heelwat vroeër as gewoonlik begin opbou.
Die krag van e-posse en sms'e.

Ek wou al gister skryf oor hoe die selfoonnetwerke ons geld steel... Ek is al die afgelope 8 jaar met dieselfde nommer by Vodacom en het 'n talk 1000 kontrak by hulle sowel as 'n "sogenaamde" 3G internet kontrak met 'n cap van 1 gig.
Kom ek werk gou iets vir jou uit wat scary is, teen 'n gemiddeld van so R1800 per maand beteken dit ek het Vodacom al R160 000 betaal van ek by hulle is....daarvoor het hulle my 3 nuwe selfone en die mees patetiese diens op aarde gegee...
Ek wonder of dit iets te make het met die feit dat Telkom 51% van Vodacom besit....
Hulle 3G diens hier in ons omgewing, Springs, Brakpan en Nigel, is eenvoudig pateties, maar jy moet jou kontrakkie betaal!
Ek probeer gister werk doen by die huis en het net eenvoudig geen internet verbinding nie.... JULLE IS "N KLOMP SKELMS! Ek betaal my gat af vir die swakste diens denkbaar in die beskaafde wereld, dan is julle nog die duuste selfoonnetwerk ook in die wereld!
EK IS GATVOL vir swak diens en om te betaal vir iets wat ek nie kry nie, die netwerk was verlede week so swak dat ek op een dag 12 oproepe 'gedrop' het, jy praat nog, die volgende oomblik is jy net afgesny en moet jy weer skakel.... en dubbel betaal om jou oorspronklike oproep klaar te maak... Op 'n stadium maak ek 'n nog groter fout, toe ek my moer uiteindelik ordentlik pluk en ek probeer hulle bel om te kla....
Het jy al ooit in jou lewe Vodacom probeer bel en by daai donnerse call centre van hulle uitgekom.... na tien minute van knoppies druk kom jy by iemand uit met die verbale vermoens van 'n twee jarige kind en na jy nog vyf minute spandeer het om te probeer verduidelik wat jou probleem is, hel jy maar die foon neer voor jy 'n aar in jou kop bars...
Ek dink Vodacom is onder die indruk hulle het die beste netwerk in die wereld want geen mens het die deursettings vermoe, of die tyd, om 'n klagte te probeer maak nie.... DIS NET IN SUID-AFRIKA WAAR SO 'N KAK MAATSKAPPY SOOS VODACOM EN TELKOM ENIGSINS 'N BESTAANSREG HET!!!!
Julle is pateties en moenie dienste verkoop wat julle nie oor beskik nie, dis vals advertensie, julle bemark 'n 3G diens WAT NIE BESTAAN NIE!!!
Dis genoeg voor ek beroerte kry!

Arme Gary Player is nou weer die jongse slagoffer van neopotisme hier in Suid-Afrika, ek gaan more daaroor skryf.

Wil net vinnig noem dat Oos Rand Stereo se lente telethon het 'n totaal van R76 000 ingesamel vir kersbome vir minder bevoorregte kinders aan die einde van die jaar!
Hier is 'n foto van 'n paar van die omroepers, kyk wie jy herken!

Die LUR van Vervoer in Noord-Wes, Phenye Vilakazi, sê daar is oor die naweek op vier staatsvoertuie beslag gelê nadat dit misbruik is deur beamptes. Die voertuie is sonder toestemming bestuur en is gebruik om passasiers, waarvan die departement nie kennis gedra het nie, te vervoer. Die hoof-provinsiale inspekteur, Vincent Mogopodi, sê dat daar op tussen vyf en tien staatsvoertuie per maand beslag gelê word.
'n Groot knou vir die plaaslike taxi-bedryf!

En laastens...Yu Nakajima van Japan het die Rubik Kubuswêreldkampioenskap in Budapest, die geboorteplek van die kultus-kubus, gewen. Nakajima kon die ses verskillende kleure op die klassieke seskantige kubus in 12-punt-46 sekondes rangskik. Die Fransman, Thibaut Jacquinot, spog egter steeds met die wêreldrekord van nege-punt-86 sekondes. Tot op hede is meer as 300 miljoen kubusse verkoop en volgens die organiseerders sal nog 12 miljoen vanjaar hul pad na die winkelrakke vind.
Ek sukkel nog steeds na 20 jaar om myne reg te kry!!

As jy lekker kwaad wil word vir jouself, kyk hierdie video van hoe 'n drie-jarige kind die blokkie sommer in 114 sekondes kafdraf!



Scary!

Die Mechanic Bar is more weer hier.

Later
Wimpie.

9 comments:

Blou Bul said...

Goeie more

Ja die weer is wereldwyd deurmekaar,`n pastoor gesels gister met my en se sowat `n maand gelede was hulle vir evangelisasie werk in Argentinie en die laaste twee dae wat hulle in Beunos Aires was het dit vir die eerste keer in meer as `n honderd jaar daar begin sneeu en sommer baie.En net in ons omgewing hier in Springs/Benoni het die naweek `n paar bome omgewaai.Weird hey.

Vodacom en Telkom is pateties, kak, en f@cked-up verby. Ek sukkel ook my gataf veral met die 3G, selfde as jy, die ouens steur hulle nie aan dienslewering nie ek dink selfs Paraguai se sewerage farm het beter diens as VODACOM, ja hulle donners skelm verby, diewe man.

Ja die kubusblokkies beat my six/love.

Dame met 'n wil! said...

Môre ons het darem nie weggewaai nie, die storm wat ons gehad het was hanteerbaar, al het ekke 'n paar keer amper 'n hartaanval of twee gekry as die weer so erg klap! Wind was nogal sterk maar darem nie so erg nie!! Wimpie ek moes 'n soek geselskap vanoggend uitstuur om kinders se fietse te gaan soek, my spa staan ook nie vanoggend op sy plek nie!! Hie hie hie iemand het darem die dam heeltemal onder die eend se gat uitgeruk, arme eend!!

Anna Marie Budden said...

Hallo Almal......
Ok so die die weer is gruwelik, my kantoor is yskoud ek het nie genoeg geslaap nie en nou moet ek nog luister na 'n klomp pampoene wat hul redes gee hoekom hulle nie hul skuld betaal nie, en omdat ek vir 'n mpy werk wat skuld invorder en ons die skuldboek van een van die land se grootste motor finansierders het sal ek my kop moet hou vandag en net op my tande moet byt en diep asem haal voor ek met my dag taak begin. . .

Ek is by MTN en moes so rukkie terug my mms weer heropstel, ek was vir 'n uur "on hold"! My man het naderhand gesê dat ek simpel is en moet aflui...... nodeloos te sê ek was rooi van ergernis...ha ha ha

Danie, Wimpie waneer gaan ons bymekaarkom?????????

Liefde
SPOOK!!!!!!

Anna Marie Budden said...

Hi net gou weer iets...

Ek het ook begin blog, addy is spookiesegoed.blogspot.com

liefde Spook

Gatta-Patata said...

Ek hoor hulle se hier by die werk dat die ysberg glo net 'n hoax is???
Vertel ons meer van jou karakters in die machanic bar, soos wat hulle doen vir 'n lewe, wie is getroud, meer persoonlike goeters.

Feetjieland said...

Hallo almal...
Ek is baie bly julle het Wimpie oorreed om aan te hou blog!
Voel soos winter in Kimberley, dit
terwyl die temperatuur maklik by die 30 draai die tyd van die jr..
Brein...Kimberley self is niks om oor huis toe te skryf nie, maar die mense hier is meer "plattelands-vriendelik", meer "oop" as die mense in Transvaal..
Almal se "entertainment" in Kimberley is msar rugby, braai en.....lol, vriende.

My Kop Op 'n Blok! said...

Mmmmm... Miskien moet ek maar liewer daardie blok op my kopfoto uithaal! Of dit vervang met 'n houtblok.

Anonymous said...

As julle swak dienslewering wil sien of rapporteer gaan na hellopeter.com Hier kan jy uitvind hoeveel keer mense komplimente gee of kla oor swak diens, en jy kan uitvind hoe die diens van enige instansie is. Dit help nogal as 'n mens iets wil koop of na seker dienste opsoek is.

Dellie said...

Toemaar, adsl van Telkom is net so 'n nagmerrie. Kan nie connect nie, sit vir 'n uur en langer en aanhou, net sodat die siel aan die anderkant vir my moet se daar is niks fout nie. NE?? En dan is alles 10 minute daarna weer reg? Hier is ernstig kompetisie nodig om hulle diens op te skerp. As ek nie my diens betaal nie, stop hulle dit binne sekondes, maar ek moet dae lank wag vir 'n techie om na my probleem om te sien, intussen verloor ek kliente, maar ek kan hulle seker nie invoice vir my verlies aan inkomste nie! Wil dit tog 'n slag probeer en kyk of daar reaksie sal wees!

Anyway, is die ysberge real, of ook 'n hoax? Het iemand foto's?