Monday, November 5, 2007

Die wereld raak weird!

Daar is 'n verskil tussen verveeld wees en vervelig wees interessant genoeg.... as jy die verskil ken dan sal jy weet wat ek bedoel as ek se ek was bietjie verveeld die naweek...

Ek het vas besluit om nie op 'n jol te gaan en weer hande uit te ruk die naweek nie, en net rustig te wees, iets wat ek nogal heel goed reggekry het, Saterdag golf gespeel, my span het bietjie pak slae gekry, maar ek het dit verwag ek het immers darem 'n maand laas aan 'n golfstok gevat.... daar is net nie tyd vir sulke dinge in my lewe nie, Saterdagaand seremoniemeester by 'n funksie van die Kanker Vereniging, was alleen daar aangesien ek vasbeslote is om 40 te word in rus en vrede, Saterdagaand 12 uur bel my seuntjie en se hy wag dat ek hom moet kom haal, fout wat ek maak, pik ek hom op oppad huis toe, ek en hy sit en cartoons kyk tot 3uur die oggend, so 3H30 maak ek vir ons breakfast en so 4 uur kom ek in die bed... weird maar lekker!
Ek het weereens bewys dat ek myself as kok totaal onderskat toe ek weer Sondag 'n meesterstuk skaapboud a-la-wimpie optower!
Anyway, so dit was my naweek, gisteraand 8 uur toe slaap hierdie jong man al lankal!

Voor ek aan die slaap raak gisteraand is daar 'n verskriklike elektriese storm waar ek bly, donderweer en bliksemstrale of note! Soveel so dat ek sommer bangerig raak...
Ek sit nog so en wonder oor die weer terwyl ek alles in my huis uitprop wat ek kan toe kry ek weer 'n brainwave, ek se al geruime tyd ons weer is in sy kanon in, net verlede week....in November... het ons maksimum temperature gehad van 12 grade, vat nou maar vandag se weer 28 in Jhb en more....19... in die middel van die somer, en kyk na die reen en ons storms deesdae, die intensiteit is ongekend.
Nou wonder ek wat is die effek van dinge soos selfone, sateliet TV en radiofrekwensies op die weer, en ek wonder of elektriese storms nie in intensiteit toeneem as gevolg van miljoene selfone op die planeet wat nooit vantevore daar was nie, het iemand eers gekyk wat gaan die uitwerking op die atmosfeer wees as ons ongeveer 4 biljoen selfone, wat almal 'n frekwensie uitstuur, op die planeet loslaat?
Hulle weet nou nog nie of selfone breinskade veroorsaak nie, hoe weet hulle watse uitwerking het dit op die aarde?
Ek vra maar net, dit het my getickle gisteraand...

Baie mense in hierdie land onderskat die dwelmprobleem en die intensiteit daarvan in ons land geheel en al, ek dink meesal maar omdat ons generasie nie daarmee grootgeword het nie en dit nie ken nie.
Ek was bitter geskok en teleurgestel toe ek 'n rukkie terug by vriende kuier en my openlik 'n "lyn" aanbied, nie agter die garage of in die toilet alleen weg van die ander mense nie, sommer in die sitkamer voor almal wat beteken dat almal wat daar was, A: dit self doen of B: nie 'n probleem daarmee het nie...
Ek het myself verskoon en my drankie klaargemaak voor ek haastig spore gemaak het na die veiligheid van my eie vervelige bestaan...
Dwelms is 'n hense probleem en die groot probleem is dat dit sosiaal aanvaarbaar word, veral iets soos Coke, vir party mense is dit 'n statussimbool, dit beteken jy het geld in die eerste plek in die tweede plek is dit die in ding om te doen en die groepsdruk is ontsettend groot, mense verstaan nie die gevolge wat saam met dit gaan nie....
Ek is nie hier om vir jou te preek oor dwelms nie, ek weet wat dit aan mense doen, bly weg van daai goed af!
Die Gautengse polisie sê dat kokaïene met ‘n straatwaarde van ongeveer 30-miljoen rand op die OR Tambo Internasionale Lughawe gevind is. ‘n Polisiewoordvoerder, Dennis Adriao, sê dat daar gister 66-kilogram kokaïene gevind is. Die polisie het die afgelope twee dae op dié lughawe op dwelms van 80-miljoen rand beslag gelê. Vrydag is kokaïene met ‘n geraamde waarde van 50-miljoen rand op ‘n vliegtuig vanaf Brasilië gevind. In ‘n tydperk van drie weke is daar meer as 531-kilogram kokaïene wat uit Suid-Amerika gesmokkel is, op die lughawe gevind.
Die probleem is groter as wat jy dink!

Die gloves is af wat die ANC se leierskapkrises aanbetref... Ek het my gunsteling, hoop Sexwale maak dit.

Die wereld is weird deeasdae, behalwe die weer is daar die laaste paar jaar sommer baie meer haai-aanvalle ook. ’n Branderplankryer van Oos-Londen het die naweek ‘n noue ontkoming gehad toe ‘n grootwithaai hom aangeval het. Die 37-jarige Lee Mellin se branderplank is middeldeur gebyt toe die haai van drie meter na sy been gemik het. Hy het ‘n bytwond aan die been opgedoen, maar kon daarin slaag om uit te swem en het ‘n operasie ondergaan nadat hy in die hospitaal opgeneem is. Gelukkig is geen are of spiere beseer nie. Die Burger berig dat die aanval Saterdag by Bonzabaai plaasgevind het toe Mellin en sy vriend Lee Solsworthy die branders aangedurf het.
Ek het 'n deal met die haaie van die see.... ek bly sover moontlik uit die see en hulle bly sover moontlik uit die bar uit!

Later
Wimpie.

6 comments:

Dame met 'n wil! said...

Môre mense, ek is baie lief vir die see, maar ek sit nie my voete in die see nie, want haaie swem in die see, nie ekke nie!! Ek is nou wel 'n SHARKS, maar saam hulle swem, nie so maklik nie!!

Geniet die res van jou dag en so ook al die ander bloggers.

Anonymous said...

More Wimpie,
Jong, ek weet nie of selfone 'n effek het op die klimaat nie, maar siende dat ek 'n pasgebore "treehugger" is, wil ek ook my stuiwer in die armbeurs gooi! Ek glo ons sien die effek van global warming alreeds. Die weer is oral in die wereld heeltemal deurmekaar. Ek wens net regtig mense wil besef dat deur klein dingetjies te doen, (of nie te doen nie) kan ons 'n bydrae lewer tot die voortbestaan van ons aarde. Soos om nie onnodig rond te ry nie. Ligte wat nie gebruik word nie, af te sit. Ens, ens. Global warming is nie net meer fairytales nie, dis nou harde realiteit. Oukei, sorry, dit was nou weer 'n opstel, maar jy weet mos, waarvan die hart vol is, loop die mond van oor!

Anonymous said...

Oor kanker a.g.v. selfone en ander meghefters bekommer ek my ook.

Ek glo nie die gebruik van die goed as sulks kan 'n direkte invloed op die weer hê nie, maar ek wil hier saam met Boendoe stem: Daar word allerhande stowwe in die produksie van hierdie goed gebruik, en daar is dikwels besoedeling.

Ek dink ons moet ons self afvra of ons 'n gadget regtig nodig het, al stel jy net die koop daarvan uit met 'n paar maande of 'n jaar, dan help dit ook. Ek sit bv. met 'n hele paar CRT skerms in my huis en brand om hulle met LCD's te begin vervang. Sodra ek daardie LCD skerm koop, moet die ouens natuurlik 'n nuwe een maak om op die winkelrak te plaas.

Feetjieland said...

Ek is bekommerd oor die dwelmmisbruik, ek het groen koring op die lande en sal enigiets doen om te voorkom dat hulle eendag in die strik trap. Ek dink die gemeenskap word te min betrokke en bewus gemaak van die probleem. Dit is asof dit al hoe meer aanvaarbaar word!!
Boendoe...hehe, jy klink soos Oubaas op Sewende Laan!Maar ja, ek hoor jou, ons almal vat dit te ligtelik op en besef nie die erns daarvan en wat ons kan doen om dit beter te maak nie.

Anonymous said...

Hehe, Fairy, ek het vanaand vir die eerste keer in maande weer 7de Laan gekyk. Ek sien waarvan jy praat!

Blou Bul said...

Banggatte!Ek is swem mal, ek se dis die haaie se territory so as ek haaikos statistiek word, is dit een van daardie dinge.Ek gaan lol dan in sy plek. Dis soos ek dit sien.

Ja die weer is weird ek mis die lekker oudae van sonskyn ek is gatvol vir reen en Murray Park se Swart Baars roep.Wimpie ek glo jy het `n punt beet oor die oorsake.