Monday, February 4, 2008

'n Ander perspektief!

Ek het die afgelope tyd bietjie kaalvuis onder Eskom ingeklim.

'n Leser het vir my 'n comment gelos en bietjie 'n ander perspektief geplaas op die kragonderbrekings wat die land teister, omdat ek bang is dit raak verlore plaas ek dit hier, ek verstaan hoekom die persoon annoniem wil bly:

Wimpie,

Ek werk vir die Ekurhuleni Metro in die Elektriese departement vir 12jaar al.

Die krag situasie is ook baie polities. Ons het verskeie areas waar minder "bevoorregte" mense bly wat geheel en al nie betaal vir hulle gebruik van elektrisiteit nie. Wat sal jy doen as jy jou elektrisiteit vir nuut kry, sal jy nie meer gebruik as wat jy nodig het nie, wel dit is wat gebeur ek het persoonlik ondervind hoe van hierdie huishoudings tot 4 verwarmers aan het in winter vanaf vroeg oggend tot laat aand.

Die "steel" van elektrisiteit is ook ñ groot faktor in ons krag krisis,van die konneksies word nie ordentlik gemaak nie en dit veroorsaak ñ "hot connection" hierdie "hot connection" in vergelyking met ñ behoorlike konneksie gebruik amper twee keer meer energie.

Die area van die Metro waarin ek werksaam is het ±35000 verbruikers waarvan ±20-25% elektrisiteit misbruik / vernuut kry / steel.

Waar dit my werklik grief is die politieke sy van die storie, meeste van die huidige regering se stemme is in die gebiede waar krag na hartelus gebruik word.Probeer daaroor kla en jy trek aan die korste end.

Het jy al probeer om een maand nie jou rekening te betaal nie, hoe vinnig word jy nie afgeskakel nie en dan moet jy nog ñ boete betaal voordat jy weer aangeskakel word, terwyl daar mense vrylik krag gebruik sonder enige betaling.

Ek was persoonlike betrokke laas winter by huishoudings kleiner as die gemiddelde huishouding wat se krag verbruik ±30-35% meer is as die gemiddelde die rede elektrisiteit is vir hulle verniet.

Ek vra my self die vraag af hoe gaan jy hierdie persone oorreed om te bespaar?

Dit is my eerlike opinie dat nie net Eskom alleen die blaam moet kry nie maar dat daar baie Metro's ook bydrae tot die krisis wat toelaat dat mense wegkom om krag vernuut te kry ter wille van stemme om aan die beheer te bly.

Die ander probleem wat die Metro's veroorsaak is nie om hul voet neer te sit vir nuwe huis / paleis ontwikkelings. Het julle al gewaar watter masiewe paleise word gebou en wat nog vir die toekoms voorlê. Die mense sal skrik as hulle rerig weet hoe oorlaai sekere netwerke is en dat daar net blindelings toegevoeg word. Buiten die oorlaaide netwerke is daar ook te kort aan personeel om ordentlike instandhoudings werk te verrig. Die Metro's word ingelig deur Eskom dat hulle soveel Mega Watt moet afsit, die Ekurhuleni Metro verdeel hierdie aanvraag deur 9 dit is die 9 areas waarin die Metro verdeel is,met ñ te kort van personeel moet jy ook nou die hele dag rondry om krag aan en af te skakel.Die toerusting wat ook die hele tyd aan en af geskakel word kry ook ñ knou weg omdat dit abnormaal is om so te werk dit verkort die lewensduur van die toerusting.

Solank as wat politiek die Metro's oorheers gaan jy niks bereik nie soos ek reeds genoem het, ek werk al 12jaar vir die Metro en het dat al mooi beleef in hierdie tydperk, so weet ek ook van persone wat al vir hierdie tydperk krag verniet kry, wanneer is genoeg, genoeg, wanneer gaan ons die situasie nie meer aanvaar nie? As jy jou somme mooi maak en almal en ek bedoel almal bring hulle kant is daar genoeg krag vir ons in Suid-Afrika politiek uit geskakel. Ek dink dit is tyd om ons eie Metro in die bek te ruk in plaas daarvan om Eskom alleen die blaam te gee.

Let op geen krag draade gaan deur hierdie meters nie, hierdie is net een van duisende gevalle.

February 3, 2008 1:08 AM

Nou ja daar het jy dit, 'n ander perspektief!

Kaartjies begin nou lekker vinnig verkoop vir Steve en Anton, kry jou kaartjies by Computicket!

Later
Wimpie

5 comments:

Dame met 'n wil! said...

ek sou ook naamloos wou bly, te verstane hoor!!

My Kop Op 'n Blok! said...

Ek het 'n link na hierdie inskrywing van jou gaan los by Ds. Attie
http://attie.wordpress.com/2008/01/31/kragkrisis-deel-van-die-oplossing/

Hoe gaan ons ooit deel word van die oplossing?

Anonymous said...

Hi

Kan iemand my help asb. My seun moet inligting oor pop groepe skool toe vat waar op die internet kan ek gaan kyk. Email my asb by ina@ncr.org.za

Groete

Ina

Anonymous said...

Weer ek!

Ek is bly my artikel is op jou blog geplaas, ek hoop die boodskap kan regdeur Suid-Afrika versprei word.

Dit het my lank geneem om die besluit te neem om hierdie artikel te plaas. Ek is in ñ redelike bestuurs posisie in die Metro. Dit voel amper asof ek nie lojaal teenoor die Metro is nie, maar tog besef ek, ek is ook belasting betaler en hoekom moet die feite en waarheid toegesmeer word terwyl baie mense moet inboet terwyl die Metro nie hul deel bydra ter wille van politiek nie.

Julle sal nie glo hoe blind ons eie afrikaans sprekende mense wat in hoë posisies is as dit kom by hierdie toestande nie dit ter wille van hul posisies en om in die beheerende party se goeie boekies in te kom en sodoende te hoop hul sal hul posisies behou.

As die mense daarbuite net rerig weet hoe gaan dit in die Metro en ek glo ook in ander Metro's sal hulle bevrees wees en sommer baie.

Ek dink baie mense weet hoe dit gaan, maar waar en by wie gaan kla jy?

Springs, Brakpan, Benoni was die Munisipaliteite wat uit gestaan met al hul dienslewering, en vandag is dit in "shambles".

Ek weet ook nie wanneer apartheid opgehou blameer gaan word vir alles wat nie reg gaan nie jy hoor dit nog gereeld in die Metro al het dinge na apartheid gebeur.

Ek dink Eskom het ook ñ nuwe slaan sak geword soos apartheid.

Ek het vandag so bietjie sommetjies gemaak en met beskikbare feite het ek bereken as die Metro die persone wat krag steel ongeag op watter manier werklik vasvat kan die Metro die beurtkrag met ±25-30% sny.

Ek weet werklik nie wat ons in die Winter gaan doen nie, krag verbruik in die areas waar mense gereeld betaal gaan gemiddeld in die winter met so ±30-50% op ten opsigte van hulle somer gebruik. In die areas waar krag "verniet" is,is die styging ±60-80%.

Gaan ons bespaar sodat daar meer krag beskikbaar kan wees vir die wat dit verniet kry, omdat ons land in ñ politieke stryd gedompel is?

Dankie vir jou blog waar ek so bietjie kan afpak, soos julle kan aflei is ek verstreurd en voel ons moet ons "bekke" begin oopmaak.

Dame met 'n wil! said...

anonymous google maar