En ek weet die bliksems gaan nou weer se dis nie beurtkrag nie, dis ongeskeduleerde probleme, wat net 'n nuwe woord is vir beurtkrag, geen wonder mense wil die land afbrand nie.
Volgens gisteraand se Carte Blanche is hierdie alles deel van gewone mense se frustrasie met die land, dinge soos gewone alledaagse dienslewering wat hier net 'n mite is, is alles faktore wat bydrae tot die feit dat die land brand op die oomblik, scary maar dis waar.
Een van my kunstenaars, Rea le Roux het Donderdagaand by Firkin in Boksburg opgetree, hier is 'n foto van die event, onthou Firkin Boksbureg se besprekings word nou eksklusief deur Wimpie van der Sandt Produksies behartig, moreaand is Louis Fivaz die kunstenaar, sien jou daar!
Later
Wimpie
1 comment:
Eish sou wat wou gee om vir Louis Fivaz weer te sien, sal nie die show kan bywoon nie, dit is te koud, ek steek nie eers my groot toon by 'n deur uit in die aande nie!!!
Post a Comment