Thursday, May 22, 2008

Wie se beurt is dit?

Moenie hierdie video ky as jy nie 's sterk maag het nie, en moet dit beslis nie kyk voor jy gaan eet nie... Hierdie is die beelde wat op Sky, BBC en CNN aan die res van die beskaafde wereld vertoon word oor die geweld in Suid-Afrika:



Verwag nou maar binnekort 'n aankondiging oor die sokker se my betroubare bron vir my, planne is van oorsee in werking gestel om te sorg dat 2010 nie ontaard in 'n tipiese Afrika-flop nie, kom ons kyk maar wat gebeur...

Gesels jy met mense van ander kleure oor die geweld en die gemors wat hier in Suid-Afrika aan die gang is op die oomblik?? Wel ek doen nogal en deur die bank blameer goeie gematigde Suid-Afrikaners Thabo Mbeki en die regering vir die gemors waarin die land is op die oomblik.

Ek ken Justice Kubeka al omtrent tien jaar wat ons kolegas is, Justice is 'n doodgoeie Suid-Afrikaner soos ek en jy, hy werk al vir 10 jaar saam my by Oos-Rand Stereo en ek vat elke oggend by hom oor as ek begin werk, hy doen die 'graveyard' skof by die radio.

Vanoggend gesels net gou met hom oor wat aangaan in die land, hy is baie meer bewus as ek van wat aangaan in die townships. "Dis alles die regering se skuld, hulle re-aktief in plaas van pro-aktief" se hy....

Mbeki moes lankal die probleem aangespreek het maar hy is nie 'n president se gat nie want hy is nooit in die land nie.... so se Justice vir my...

Tyd vir Zuma om oor te neem, ek begin saamstem hy kan nie 'n groter gemors van dinge maak as wat Mbeki tans doen nie, hy laat my dink aan 'n ruggraatlose T-Rex.

In Wimpie-wereld was gister weer 'n klein daggie so reg uit die hel uit, maar soos gewoonlik het ons darem gecope en leef ons om nog 'n dag voort te veg, ek moes gisteraand gou dokumente by 'n pel se huis gaan optel in Brakpan, ek ry deur die grootste deel van die dorp en ek sien die krag is af.... kan tog seker nie beurtkrag wees nie dink ek by myself want die grootste bullshitters in die wereld, Eskom, het mos met groot fanfare in die koerante aangekondig dat beurtkrag verby is. Hahaha, julle laat my lag by verdere navraag hoor ek dat Pretoria gister deurgeloop het onder kragonderbrekings en 'n groot deel van Springs.

Is daar nou beurtkrag of is daar nie, ek bel Eskom vir my radioshow en vra hulle.... Aikona se hulle hulle werk aan die 132 kraglyn en dis hoekom Springs en Brakpan af was gisteraand, en Pretoria.... hulle weet nie daarvan nie dis die amptelike antwoord, maar ek ken mos mense by Eskom en hulle se vir my amptelik is beurtkrag verby, maar nie-amptelik gaan daar "geskeduleerde maintenance wees op sekere tye" ons gaan dit net nie 'n amptelike naam soos beurtkrag gee nie!

Okay dit maak baie sin, 'n oefening in publieke betrekkinge met ander woorde...hmmm smaak my Eskom het 'n nuwe Publicist aangestel...

Kom maak gerus Saterdag 'n draai as jy bietjie wil kom hallo se ek is by die Avenues winkelsentrum hier is Springs die oggend van 9-12 in ons mobiele uitsaai eenheid besig met kanidate vir die omroeperspos wat oop is saam my in die ontbytprogram, as jy dinkjy kan 'n omroeper word, kom probeer Saterdag, ek wag vir jou.... en ek sal nice wees ek belowe!

Saterdagmiddag van so 14H00 is ek by Firkin in Boksburg, ook besig om te werk so kom maak maar gerus daar ook 'n draai as jy kan, gaan lekker kuier, ek was bietjie flou gisteraan, 21H00 in die bed en lekker in droomland teen 21H15.

Dankie vir die kommentaar, Bierpens ek het aangeneem ek en jy voel dieselfde, neem aan ek het reg aangeneem dan hehehe!

Lekker Donderdag vir almal!

Wimpie

4 comments:

Anonymous said...

Bierpens, jammer as ek verkeerde afleiding gemaak het. 'n Mens is net so moeg vir hierdie onderwerp ek kan skree.

Wimpie, hoe voel jou been vanoggend?

Groete

Ina

Anonymous said...

wimpie ek raak ook bang

Anonymous said...

Dit is wreed en onmenslik. Ek wens ons verloor die 2010 sokker wêreld beker. Die wêreld moet sien hoe ons, ons land wat ons voorvaders voor gewerk het aan die huidige regering moes afstaan.

Anonymous said...

Hi jy sjoe ek het lanklaas hier kom kuier!!