So in die stilligheid bereik 'n mens baie mylpale en soms is dit 'n geval van jy kom nie eers agter wanneer dit gebeur nie.
So 'n mylpaal het ek so in die stilligheid bereik maar ek vertel later meer.
Dis nou amptelik, ek het 'n aanbod gekry om 'n Suid-Afrikaanse radiostasie in Dubai op die been te bring, die aanbod is 'n baie goeie een en iets wat ek 'n jaar terug met albei hande sou aangryp. Die aanbod is aan my gemaak deur Greg du Pont namens 'n groot Amerikaanse media maatskappy.
Dis nog steeds finansieel 'n bitter goeie aanbod en beslis iets wat ek oorweeg, alles sal afhang van hoe ek toegelaat word om tussen Dubai en Suid-Afrika te pendel en hoeveel tyd ek vir my eie besigheid gegun word.
Wat dit natuurlik nog moeiliker maak om so 'n aanbod net summier van die hand te wys, behalwe die geldelike aspek, is dat dit 'n internasionale mark kan skep vir al my kunstenaars wat toere en CD verkope aanbetref.
Ek kan dus nie sommer net summier nee se nie, dis 'n great uitdaging om so iets van die grond af te kry, dis Amerikaanse Dollars waarmee ek betaal word en dis 'n internasionale mark wat andersins moeilik sou wees vir my kunstenaars om te kon breek...
Oorweeg ek dit? Ja ek doen...
Baie geluk aan swem se gooue meisie Natalie du Toit, dis mos 'n les vir die ander swem prima-donnas in die land wat sy op die Para Olimpiese spele vermag.
Nou ja ek het baie om oor na te dink en heelwat besluite om te neem, kom ons kyk hoe ver kom ek vandag, lekker dag vir jou, en jou!
Wimpie
Tuesday, September 9, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment