Wel dis die ding van 'n naweek dis byna altyd te kort.
Myne was bedrywig, die probleem is met my naweke is daar tans geen verskil tussen 'n naweek en 'n gewone weeksdag nie....
Vat nou maar Saterdag. Vroeg die oggend in die pad van Springs na Randburg, daarna Boksburg, Witbank, Springs, weer Boksburg en terug Springs toe... waar kom die rus nou in...
Alle geval Randburg toe was vir 'n baie goeie rede. Die Klipdrift BOTB CD/DVD is uit en ek moes soontoe om te gaan voorraad haal.
Die CD sal sy verskyning op die winkelrakke maak so teen Donderdag se kant so kyk uit vir hom, hier is weer vir jou 'n lusmaker.
Sondagoggend le ek nog in die bed toe ek 'n baie interessante sms van Dubai kry. Hulle maak 'n Suid-Afrikaanse radiostasie oop, stel ek belang? Stuur 'n email sms ek terug.
Ek het die e-mail ontvang, dis van 'n Amerikaanse maatskappy en hulle wil he ek moet dinge in Dubai gaan "verafrikaans". Skielik weet ek nie wat om te doen of te se nie, amper soos die hondjie wat die kar vang. Ek wag vir meer details, vir nou het ek net gese "natuurlik stel ek belang", hang af hoeveel ek sak kan pendel en, en, en....
Te vroeg om nou te spekuleer so ek gaan nie eers probeer nie.
Lang gesprek met my regspan gehad Vrydag, ek voel baie beter, die feite is op die tafel en ek is 100% reg en ek het die bewyse, ek praat nie meer met die pers nie en ek praat nie meer op my blog nie, ek weet wat is die feite, mense na aan my weet wat is die feite en ek het niks om te verduidelik nie so ek gaan nie.
Skinnerbekke sal daar seker altyd wees, onthou net alles wat almal se kom soms op vreemde maniere, maar byna altyd by my uit. Ek baklei nie met sulkes nie, ek sny hulle net uit my lewe uit so as ek nie meer jou oproepe antwoord of terug sms nie, dan weet jy seker hoekom. Come to think of it, dis maar 'n basiese beginsel van die lewe.
Wian het krieket gespeel die naweek en nul lopies aangeteken want: "pappa die ander outjie het nie gehardloop nie"... hehehe laat my dink aan Alan Donald! Wian se hy het sewe outjies uitgeboul... sy ma se sy weet nie want sy weet nie hoe werk krieket nie! Ai...
Later
Wimpie
Monday, September 8, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)





No comments:
Post a Comment