Sunday, October 5, 2008

Ai die volk darem!

Aardklop het gekom en gegaan en ek het gemengde gevoelens oor die hele storie...

Dit was lekker en ek kan nie rerig se dit was 'n breek wat ek nodig gehad het nie want dit was nie rerig 'n breek nie, maar ek het dit werklik nodig gehad. Nodig gehad om my kop reg te kry en nodig gehad om te sien wat aangaan met ons jeug.

As die jongmense op Aardklop 'n voorbeeld is van die toekoms van ons land is ek bevrees daar le donker tye en wag op die Afrikaner. Besope kinders, baie van hulle kan nie ouers as 16 of 17 wees nie, wat die wereld vol rondstrompel van die een kroeg na die volgende een...

Meisies wat sekerlik nie weet in watter bed hulle volgende opeindig en hoekom nie, seuns wat sommer daar in die hoofstraat sit en opgooi en dan sy manlikheid gou moet bewys deur in 'n vuisgeveg met die naaste arme drommel wat net snaaks na hom kyk betrokke te raak.

Dis die slegte en negatiewe kant van 'n fees soos Aardklop, ek wonder of ouers weet wat vang hulle bloeitjies aan as hulle nie naby die huis is nie. Ek hou ook van kuier, maar ek is volwasse genoeg om my drank te kan hanteer en te weet wanneer of op te hou, hierdie kinders is nie, en kan nie.

Ek wonder hoeveel dogtertjies het in beddens opgeland wat hulle die volgende dag nie kon onthou het hoe kom hulle daar nie. Ek was verstom toe ek by 'n kroeg staan en sien hoe slaan 'n girl die een shooter na die ander weg wat 'n ou sweerlik ouer as ek vir haar koop, hoe meer shooters hoe meer vatterig het die ou geraak, na seker die sewende een trek ek haar nader en vra hoe oud is sy. Sy was 17 en in standerd 9, so oud soos my dogter, ek het die ou mooi vertel wat ek met hom sal doen as hy nog een drankie vir haar koop en ek het haar langs my laat staan en water drink tot sy okay was om te gaan.

Hoeveel was nie so gelukkig nie, ek wonder....

Ons is besig om 'n generasie van dronkaards te kweek.

Die positiewe deel van Aardklop is die ongelooflike platform wat dit aan kunstenaars skep. Die BOTB bands het hulself wonderlik van hulle taak gekwyt en ek is trots om te se niemand het nodig gehad om terug te staan vir enige groot band nie.

Ek het ook die geleentheid gehad om weer op te vang met 'n klomp pelle. Jakkie Louw, Snotkop, Piet Paraat, Arno Jordaan en Dewald Wasserfall was maar net 'n paar wat lekker gekuier het, o ja en natuurlik Adam Tas en ...., thanks vir die lekker kuier.

En dan is daar natuurlik Prime Circle, loshande SA se beste band en ook die mees plat op die aarde, hierdie ouens mag maar en hulle het geen attitude daaroor nie.

Motel Ink, Hansie Slim en Scintillate het gerock soos nooit vantevore nie en is gemaak vir die groot verhoog, jy weet dit wanneer jy 'n band soos Prime Circle backstage sien gou inloer om vir Scintillate te kom kyk.

Wel dit was Aardklop, lekker maar daar wag geweldig baie werk op die organiseerders om hierdie fees reg te ruk.

More vertel ek van die "groupies" dis nou girls wat elke dag aan 'n ander kunstenaar se arm hang en gou huistoe verdwyn om skaars 'n uur later weer aan die sy van 'n ander een rond te hang....scary!

En natuurlik vertel ek waarmee ek alles die week doenig is, dis ook scary!

Wimpie

No comments: