Monday, October 6, 2008

Dis ek

Wel ons almal maak foute, die truuk is om nie jou lewe lank dieselfde foute te maak nie.

Dis 'n truuk wat ek nie bemeester het nie, vandag moet ek eerlikwaar weer erken ek het 'n oordeelsfout gemaak, hoe kry ek dit reg, die waarheid is ek weet net eenvoudig nie, as jy eers by my stadium van die lewe kom dan is jy veronderstel om gesettle te wees, elke aand soos 'n soet man huistoe.... na dieselfde vrou toe.... te gaan en jou lewe mooi rustig en voorbeeldig te lei.

Hoekom is dit vir my so moeilik om te doen, ek wens ek ken die antwoord op daai een, die waarheid is in die regte lewe ken ek baie min antwoorde, die een wat ek die minste ken is sommer die hele hoofstuk wat oor commitment gaan.

Sodra ek naby daaraan kom raak ek paniekerig en deurmekaar.In die proses kry ek dit reg om mense wat dit te naby my waag seer te maak, ek is jammer daaroor maar dis blykbaar hoe ek is.

So hiermee, met hierdie skrywe bedank ek amptelik uit die dating pool uit en waarsku sommer hier alle vrouens teen my.... vir die laaste keer ek is nie trou materiaal nie, vergeet om my te tem, niemand kan dit regkry nie, ek is my own worst enemy, bly weg van my af wat verhoudings aanbetref, ek is clueless en weet nie eers waar om met een te begin nie.

Ek is jammer oor almal wat ek onnodig of dalk onwetent in my onkunde seergemaak het.

Dis my confession vir vandag.

Wimpie

No comments: