Ek is sommer die wetter in vanoggend.
Kyk ek is die eerste ou wat die waarde van bemarking verstaan en ek is die eerste ou wat bemarkingsmetodes sal aanwend maar daar is een 'vloekwoord' wat my grief....'bulk sms'.
Ek stuur ook bulk sms'e uit om shows ens te adverteer, maar met jou toestemming as jy my vra sit my op die sms lys dan doen ek dit.... op 'n respektabele tyd van die dag.
As ek nie vir jou my toestemming gegee het om my op te sit op jou lysie wat jy somehow somewhere "gescore" het....en ek kry 03H13 in die oggend 'n sms van jou af om my te remind dat een of ander obskure band tree by jou venue op en "o ja onthou" daar is 'n cover charge.... en ek kan nie verder slaap nie en en staan vanoggend op soos 'n zombie.... en jy maak die fout om jou telefoonnommer saam met die sms te stuur.... en jou plek se naam is Voodoo Lounge dan moet jy maar vandag 'n oproeppie van my verwag en weet ek GAAN jou k@k gee!
Dis my storie vir die dag ek wou eintlik oor baie ander goed skryf maar my dag is sommer omgekrap vanoggend.
Lekker naweek...
Wimpie
Friday, October 24, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment