Eina.... ja okay ek weet my span was nie daar gewees nie en ek het vir geeneen van die twee spanne geskreeu nie, net lekker rustig en objektief na die eindstryd tudden SA se twee beste spanne gekyk en kan vandag objektief se die beste span het vanjaar die Curriebeker gewen so geluk en knap gedaan aan die Sharks.
My broer het Saterdag verjaar en ek het al vroeg Saterdagoggend die paadjie Centurion toe aangedurf.... geluk Danie!

Vandag is ek alreeds vanaf 08H00 in die ateljee saam met Adolph en dan word die proses in alle erns voortgesit met die session ouens wat almal vandag inkom om te kom werk aan die album voordat Joe F moreaand kom kuier om sy producing skills ten toon te stel.
Ek is ook angstig om te sien wat het hy met Shimmer se album gemaak maar soos alle goeie dinge moet mens maar geduldig wees.
Dis my dag vir vandag, rof soos altyd! Hoop joune is rustiger.... dit begin nader staan aan Desember en ek moet se ek begin uitsien na 'n breek!
Wimpie
No comments:
Post a Comment