Vandag lui die doodsklok vir die Skerpioene teen die beterwete en teen die wil van die meerderheid regdenkende mense in Suid-Afrika.
Dit laat 'n ongesonde toedrag van sake waar die mense wat vervolg word die byl laat val op die mense wat hulle vervolg en waar die mag van vervolging weer in onbekwame mense en instansies se hande gelaat word.
Dit opsigself voorspel niks goeds vir ons land nie en maak dat mense met min verwagtings selfs nog meer rede tot kommer het en is ook 'n sprekende voorbeeld van hoekom die skeuring in die regerende party 'n goeie ding is.
Dit is ongesond in enige land om een party met so 'n oorweldigende meerderheid te he en plaas demokrasie onder druk. Dit is ook 'n bewys dat te veel demokrasie ook nie noodwendig altyd 'n goeie ding is nie...
Dis 'n ou geval van wie pas die mense op wat veronderstel is om die demokrasie op te pas en ek vra die vraag as die ANC so 'n groot steun het soos deur demokratiese beginsels voorgeskryf word, wat van die skeuring in die party , is dit nie bewys genoeg dat die steun wat hulle dink hulle het, nie meer so oorweldigend is soos aanvanklik gedink is nie.
Dit is seker maar vrae wat aanstaande jaar in die verkiesing beantwoord sal word, tot dan moet ons maar tevrede wees daarmee dat die regering nie so ernstig is om korrupsie aan te spreek soos wat hulle in die publiek wil voorgee nie.
Bring mee weer terug na een van my gunsteling quotes uit een van my gunsteling boeke, George Orwell se Animal farm: "All animals are equal but some animals more so than others".
Terug in Wimpie wereld is dit maar aan die rowwe kant. Ek is erg besig en probeer maar net ongeskonde deur die werkslading van die volgende twee weke te kom.
Ek is baie trots op my dieet poging.... ek is af na 85kg van byna 90kg 'n week en 'n half gelede. Ek kan verkeerd wees maar ek glo byna as jy net gaskoeldrank uitsny en jouself net een dag 'n week toelaat vir lekkers en chocolates, gaan jy maklik gewig verloor, ek het aan die begin gese 85 is my ideale gewig maar is nou so gemotifeerd dat ek kan sien vir 80.... kom ons kyk hoe ver kom ek...
Lekker dag vir jou, ek het baie werk en beter maar daarmee begin, die dae is so kort deesdae!
Wimpie
Thursday, October 23, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)





No comments:
Post a Comment