Tuesday, October 7, 2008

TOTSIENS!

Ek gaan bietjie 'n breek vat.... van die lewe af...

Ek gaan bietjie van die lug af wees tot latere kennisgewing, selfoon afskakel en myself bietjie gaan soek waar ek ookal myself bevind. Dit behoort nogal 'n interessante soektoggie te wees.

Ek is 'n groot voorstander daarvan dat mens moet sien leef en laat leef en dat wanneer jy verkeerd is jy verskoning moet vra en dat jy mooi oor alles in die lewe moet nadink. Nou dis wat ek die laaste tyd gedoen het..... gedink.... oor die mense lewe en dinge, soos hierdie blog se naam se.

In my denke het ek besluit ek sal nooit iemand kan leer ken as ek nie eers weet wie is Wimpie van der Sandt nie, toe moes ek gaan navorsing doen oor wie ek nou eintlik is. Hierdie is waarmee ek opgekom het:

Die grootste mission in die lewe is om jouself te verstaan en te probeer opkom met 'n verbeterde weergawe as jy kan, wanneer jy opgee kan jy maar net sowel opgee met die lewe ook. Dis tyd om lank en hard na die weerkaatsing in die spieel te gaan kyk, as jy nie hou van wat jy sien nie dan is dit tyd om iets daaraan te doen.

Wat jy gaan doen hang seker maar van jouself af. As daar dinge/mense/wat ookal in die lewe is wat jou ongelukkig maak dan moet jy iets daaraan doen, soos die bybel se kap dit af, bietjie moeilik in my geval.... ek sal maar moeilik toilet toe kan gaan ;-)

Grappies op 'n stokkie, ek is by 'n baie snaakse punt in my lewe, ek mis my kinders, ek mis dat ek nie altyd daar is/kan wees nie en ek is bietjie rusteloos en ek dink dit is miskien 'n goeie tydjie in my lewe om die hele Dubai storie te heroorweeg. WVDSP is in goeie hande as ek alles vir Adolph oorlaat, ek weet hy sal dit kan doen...

So die bottomline is, ek staan voor 'n baie belangrike tyd in my lewe en die vraag is wat gaan ek daaraan doen. Ek het vandag lank en ernstig daaraan gedink en ek voel die tyd het aangebreek om myself te verbind aan 'n twee jaar kontrak in Dubai.

Ek gaan more die wiele aan die draai sit en die groot stap, waarvoor ek nie gedink het ek reg was nie, doen en die vliegtuigie klim en kyk wat wag vir my daar. Uitdagings is daar baie, maar ek is iemand wat rerig goed doen as ek uitgedaag word.

Hierdie blog sal voortbestaan soos hy tans is, maar daar sal afdelings van hom bestaan. www.wimpie.co.za is my domain en dit is ook die domain waar hierdie blog sal voortbestaan, dit sal jou net uiteindelik na die Wimpie van der Sandt Produksies webblad vat en daar sal 'n blog wees binne in die webblad wat my blog sal wees.

Daar sal ook ander interessante dinge en skakels binne die webblad wees waar jy aanlyn na ons cd's ens. sal kan luister.... maar dit is alles in die toekoms en sal voor my vertrek, wat op hierdie stadium lyk na Maart aanstaande jaar, in plek wees.

Intussen sal ek julle op datum hou van hoe dinge aan die kant verloop en soos dit 'n ware aanlyndagboek betaam, vir myself rekord hou van hierdie nuwe interessante tyd van my lewe.

Wie weet dalk het die Here my vrou daai kant van die wereld vir my gaan bere!

So dit is dan dit, dis my besluit en dis finaal, ek gaan nie omdraai nie en ek gaan nie kop uittrek nie. Ek sal darem nog gereeld, elke twee maande kom kuier en Adolph op sy tone hou.

Nou ja soos julle seker kan dink was dit nie 'n maklike besluit nie en het ek hard daaroor nagedink.... en lank.

Gun my asseblief my spasie vir nou terwyl ek met alles wat hiermee gepaart gaan deel.

Wimpie

No comments: