Wat 'n dag.... ek is gedaan vanoggend na 15 ure gister in die ateljee.
En steeds het ek net die geraamte van een liedjie om mee .... amper te spog. Joe F is vandag saam my in die ateljee om te kom luister wat alles gister gebeur het, Koel my af is realisties gesproke 'n pasgebore babatjie met nog baie werk wat wag, maar die potensiaal is duidelik vir almal om te sien en hoor... ek is gedaan, opgewonde en plainweg net moeg.
Ek het gisteraand net na 12 pas by die huisgekom en hoor my ffon lui uit die bad uit, daai tyd van die aand verwag mens nooit goeie nuus nie ek skrik veral groot toe ek die nommer herken as my skoonpa s'n en bel gou terug.
Hulle sukkel blykbaar al 'n rukkie om my in die hande te kry.... in die ateljee sit ek my foon af.... my sewe- jarige seuntjie Wian het geskiedenis gemaak deur ere-kleure te kry by Leeuwenhof.... in graad een!
Die ere-kleure is natuurlik vir gimnastiek en sy pa, ma oupas en oumas is soooo trots op hom. Sy pa het in st. 8 prestasiekleure gekry, vir rugby en eers aan die einde van matriek ere-kleure, ook vir rugby, my seun doen dit sommer in graad 1 na enkele maande op skool.
Ek is trots, emosioneel, moeg en op 'n snaakse plek in my lewe met emosies wat ek nie verstaan of kan beskryf nie, dit was 'n baie emosionele jaar vir my propvol hoogte- en laagtepunte... hierdie een herken ek as 'n hoogtepunt. Dankie Wian..... dat jy my so trots maak.... ek is dankbaar vir jou in my lewe.
Ek wou nog iets se oor die skerpioene wat nou sy agterent gesien het en van die nuwe "misdaadeenheid".... wat eers die regering se toestemming moet kry om die regering, of parlementslede te vervolg, hoe absurd is dit nie! Maar ek het besluit om dit te los vir 'n ander geleentheid.
Later
Wimpie
Tuesday, October 28, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment