Monday, October 13, 2008

Ek en Steve praat en stem saam...

Ek gesels toe die afgelope naweek vinnig met Steve Hofmeyr by die East Rand Mall, wat gese is sal ek later vertel maar dat daar genoeg gese is om my te laat besluite neem is gewis, ek vertel later watter besluite.

Ek en Janine het bietjie gaan shopping doen die naweek, tieners moet mos maar gedurig nuwe klere kry, vertel sy my van iemand by 'n braai wat haar vra hoe gaan dit met haar pa en of hy nog vir Dozi geld skuld uhm.. Anton Goosen se regte naam vir die rekord is nie Dozi nie.... o ja Dozi en Steve.... wys jou net hoe mense boggeroll weet wat aangaan in die lewe nie maar 'n eiertjie wil le oor alles.... so vir die rekord mevrou nee ek skuld nie vir Dozi... of Anton Goosen of Steve Hofmeyr geld nie hoor!

Anyway ek lees oor die naweek in die naweekpers van Luke Watson se ....pardon the pun... bekotsingswaardige gedrag, hey luke, hier is 'n paar "dutchmen" in die land wat jou sal laat swaar sluk aan daai woorde van jou, ek dink maar vinnig aan iemand saas Schalk Burger... of dalk Pierre Spies.

Terwyl ek op daai onderwerk is ek het sommer 'n Facebook groep gestig.... Behou die Springbok, go to hell Khompela.... gaan join dit asseblief, ek begin al weer gatvol raak vir mense wat Afrikaners se plek in die sameleweing A, wil misken en/of B, wil wegwens.

Ek het gister die toekoms van WVDSP gesien, lewendig in aksie, sy naam is Raymond Ray, hou hierdie spasie dop en gaan soek hom op Facebook so teen more se kant, ons is tans in pre produksie met sy CD en sal reg wees om so teen die einde van die week te begin opneem.

Die land is in vir 'n treat, ek sal wanneer hierdie website uiteindelik verander, vir julle stukkies van die vordering van die CD opname oplaai.

Schimmer se CD ondergaan 'n metamorfose, ons het gedink dit sal klaar wees en reg vir uitreiking in Oktober maar dit gaan nie gebeur nie, ons kyk tans na einde Februarie aanstaande jaar, selfde met Motel Ink en Raymond Ray. Ek is opgewonde oor hierdie projekte nog net baie werk wat voorle maar dis maar hoe dit gaan, niks val uit die lug uit nie.

Intussen het ek 'n vurige Prime Circle ondersteuner geword... hier is hoekom:



Lekker dag vir jou!

Wimpie

No comments: