Tuesday, October 14, 2008

Werk en dieet!

Werkstress is 'n lelike ding, deesdae weet ek maar te goed wat dit alles beteken en dan sit ek nog met selfoon probleme so tussendeur ook, ek moet nou seker begin oud word want ek weet nie meer hoe die dekselse goed werk nie.

In die verlede was dit maklik, jy kry 'n foon, sit dit op charge vir 'n dag en daar gaan jy, vandag se selfone werk nie meer so nie, jy moet eers die manual van so 124 bladsye deurwerk voor jy die wetterse ding kan aanskakel....

So tussen die stress en onkunde oor selfone deur moet jy nog jou werk gedoen kry en belangrike nommers van jou ou foon af iewers neer skryf want die nuwe foon kan nie jou simkaart "lees" nie en en en.

Dan kry jy nog oproepe van Kaapstad af van die dieretuin wat jou dag ontstig en jy wens jy kon vir drie rondtes saam met die diere van die veld in 'n kryt klim en sien of hulle so grootmond is in die regte lewe as wat hulle op 'n selfoon kan wees.

Wat is dit met mense wat hulle op 'n telefoon of in 'n kar....lees padwoede... so braaf kan raak? My ma het my goeie maniere geleer maar dit stop ook een of ander tyd by een of ander punt. ek praat met jou soos jy met my en basta, veral as jy dink ek is benede jou omdat ek....wag vir dit.... van Springs af kom, hoe hoog, of sal ek eerder vra.... hoe laag moet jou IK wees?

Raymond Ray.... onthou gerus die naam jy gaan dit een van die dae baie hoor. Ek is tans besig met die pre-produksie van Raymond se debuut albu en kan die aap so bietjie uit die mou laat. Twaalf songs uit sy eie pen uit. Die outjie was tot Sondag nog te sien in die produksie "The Boys are back in town by die Barnyard in Cresta en hy is vrot van die talent.

Die guidetracks is gedoen en ons is tans besig om die wiele aan die draai te sit om te begin opneem. Bekende kunstenaars is deel van die produksie soos Ghappi op die dromme, Andre Leibrandt op Bas, Fish op kitaar, Adriaan van der Merwe en Adolph de Beer op keybord en Joe F met die verwerkings.

Ek hoop om al teen volgende week te begin opneem, ons sal reg wees om teen einde Februarie uit te reik. Dit sal saamval met die uitreiking van Motel Ink en Schimmer se debuut cd's en hopelik voor die roadshow se laaste beplanning. Ek is opgewonde daaroor.

Baie werk om te doen vandag, ek is al vroeg op die pad vanmore, daar is nie eerst tyd vir skeer nie!

O ja en ek is flippen honger, ek het besluit om gou op 'n dieet te gaan, 5 kg is al wat ek moet verloor dan staan ek op so 83kg en dis wanneer ek op my beslte is. As alles goed gaan is dit 'n hoe proteindieet vir so twee weke met baie water vir die uwe, kom ons hou duim vas want ek is nie die vriendelikste ou in die wereld as ek honger is nie!

Wimpie

No comments: