As mens gaan kyk wat is die hoofrede dat Suid-Afrikaners die land op 'n streep verlaat dink ek 'n baie hoe persentasie sal opgemaak word met die naam Butana Khompela...
Die ou deel 'n brein met 'n dooie muskiet en beteken dadels vir eenheid en nasiebou in Suid-Afrika...
Daar oet een of ander nuwe gesegde in ons land uitkom wat met hom kan verband hou, iets soos bv. jy het 'n Khompela oomblik gehad vir wanneer jy so droogmaak dat jy jou naam totaal vergat en nie 'n verklaring het ir hoekom jy dit gedoen het.
Die nuutste is dat die breindood idioot weer daarop aandring dat die arme Springbok moet wegval. Ek het net een vraag vir Khompela, wat het jy al gedoen om nasiebou en eenheid te bevorder wat kan vergelyk met enigiets wat die Springbok al sedert 1994 gedoen het.... askies niks nie.... o okay en wat het jy gedurende die "struggle" gedoen wat met die welslae van die Springbok en nasiebou vergelyk kan word....o niks nie...mmm ja okay so gedink.
Dis dae soos hierdie wat ek bly is ek doen nie meer die Breakfast show nie want hulle sou my verseker vandag moes fire want ek sou nie my bek kon hou nie!
Onthou die naam Raymond Ray. As jy klaar bevoorreg is om te weet wie dit is dan sal jy weet waarvan ek praat, as jy nog nie weet nie, hou hierdie spasie dop, ek is weer vandag die ene opgewondenheid, ek sal later die aap uit die mou laat oor die jong man.
Geniet jou naweek, ek het 'n besige een wat voorle, Lekker verjaar vandag.... saam met Paul Kruger, en soos die ou mense gese het nou kan dit maar reen in Gauteng want dit reen nooit in Transvaal voor Paul Kruger verjaar het nie!
Wimpie
Friday, October 10, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment