Soms is ek van nature net te haastig en kan ek nie verstaan dat almal nie my erns met sekere goed deel nie.
Is dit 'n goeie of 'n slegte karakter eienskap? Ek weet nie. Ek is net so en wanneer goed te stadig, vir watter rede ookal vir my verloop begin ek entosiasme veloor.... ek is redelik seker dis nie 'n goeie ding nie maar die uiteinde van die saak is dat ek maar net weer besef as jy iets gedoen wil he moet jy self inspring en dit doen.
By so 'n punt is ek al weer, doen self dinge dan weet jy dit gebeur, om ander mense toe te laat om goed te doen beteken dat jy beheer oor dinge opgee en helaas ek is nie reg om dit te doen nie.
Daar sal net 'n kort inskrywing wees vandag aangesien ek weer 'n kleinhuisie vol goed het om te doen vandag. Die noodsaaklikheid van 'n kantoor en die noodsaaklikheid van mense om daai kantoor te beman weeg nou swaarder as ooit op teen enige planne wat ek het vir die toekoms, dit gebeur nie 'n dag later as vandag nie.
Een ou wat darem my entosiosme deel is Joe F wat gister 'n paar keer met my inverbinding was oor Raymond Ray se musiekvideo en CD en as ons nie teruggehou word nie gaan daar 'n groot verrassing om die plaaslike musiekbedryf wag. Tyd is geld en die tye waar daar nie konstruktief gewerk word nie begin my nou geld kos. Dit stop vandag.
Ek sou gister 'n vergadering met die Steve Hofmeyr kamp gehad het, wat op hulle aandrang verskuif is "na die naaste beskikbare datum". Wanneer dit is sal ek hopleik vandag uitvind. Ek verstaan die redes daaragter, die vet weet hom wil ek ook nie wees nie, maar aan die ander kant 'n ou maak seker maar jou eie bed op.
Een van die hoofredes hoekom ek die afgelope paar jaar die paadjie alleen geloop het, is ek was nie lus vir skandale en aantygings en en en nie. Ek het altyd volgehou dat as losloper het ek die reg gehad om soveel meisies te date as wat ek wil, ek glo dis die regte besluit gewees.
As ek die ander blogs so lees is dit vir my nogals snaaks hoe die een kant die beskuldigde sal verdedig teen alle beterwete in tot op so 'n punt dat hulle argumente lagwekkend word en soms grens tot aan die absurde, wat het persvryheid en enige redakteur se besluite met 'n onbelangrike, onbekende klein mannetjie wat so nou en dan somewhere in Pretoria sit en blog, uit te waai. Persvryheid is 'n debat vir baie groter en slimmer ouens as elke Tom Dick en Frank wat somewhere sit en iemand verdedig met wie hy al miskien twee keer in sy lewe mee gepraat het.
Die ander kant van die muntstuk is ook net so waar, wanneer bloggers begin glo hulle het celebrity status omdat 'n paar mense hulle blogs lees en hulle kan se wat hulle wil onder die vaandel van "vryheid van spraak" dan besef selfs die grootste voorstaander van persvryheid, soos die uwe, dat dit miskien tyd geword het om ten minste 'n stel riglyne vir bloggers neer te pen.
Anyway dis maar van die gedagter wat in my soms deurmekaar kop rondmaal. Ek hoop van harte ek kry vandag bietjie werk uitgesorteer vandag, frustrasie is besig om die beste van my te kry en ek HAAT dit.
Later
Wimpie
Tuesday, October 21, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment