Monday, October 20, 2008

Misdaad en die lewe!

Wel wat 'n naweek was dit nie weer gewees nie, 'n naweek waar ek maar net twee goed weereens besef het, daar is geen plaasvervanger vir ondervinding nie.... en misdaad is 'n werklikheid waarmee ons moet saamleef!

Saterdag se charity gig vir klein Mieke by Firkin was dol.... meer as veertig kunstenaars op een dag wil gedoen wees en toe die reen so om en by 17H00 dreig om die kaarte deurmekaar te krap en die twee stages van twee na net een verminder, het my vorige ondervinding met shows en reen handig te pas gekom, ons het alles aangepas, backline geskuif en elke kunstenaar die geleentheid gegee om steeds te kan optree, sonder dat die mense eers agtergekom het.

Knap gedaan aan almal wat betrokke was Andre G en sy span vir 'n kollosale effort, al die kunstenaars wat opgetree het en veral die klankmanne, dit was awesome. Klein Mieke is 'n pragtige dogtertjie en ek hoop die fondasie is deeglik gele om te help met die operasies wat sy benodig!

Saterdagaand oppad huis toe of sal ek se Sondagoggend na 'n 19 uur werksdag kom ons agter my vriendin se kar is gesteel.... die ergste van alles die carguard kom nog so ewe en vra vir geld omdat hy die karre "opgepas" het.... ek het hom amper aangerand.

Ja die kar is verseker, maar daar was klere en CD's in die kar wat irreplaceble is en wat die versekering nooit gaan uitbetaal nie, die vervangingswaarde van die kar is ook so dat daar nooit weer so 'n kar met dieselfde, of met die geld wat die versekering gaan uitbetaal, gekoop kan word nie. Die kar was klaar betaal en mens kan maar net nie wen nie, die skade is huge.

Almal van ons word deur misdaad geraak en dis net 'n kwessie van tyd voor dit sy volle siklus loop en dit weer aan jou deur kom klop.... belaglik, ek dink ons is die enigste mense in die wereld wat so in konstante vrees vir misdaad lewe!

Raymond Ray se opnames begin vandag en ek het soveel werk ek hoop maar net om daardeur te kan kom.

Lekker dag aan die volk!

Wimpie

No comments: