Thursday, October 9, 2008

Welkom terug Wimpie...stop jou simpelgeid

Gister 'n lekker lang gesprek gehad met iemand wat ek nie ken nie.... van Dubai.

Die uiteinde van die saak is ek gaan Dubai besoek vroeg volgende jaar, ek dink aan Februarie om te kyk watse internasionale mark ek vir my kunstenaars kan oopmaak.

Ek lei lankal nie meer aan die hele mikrofoon - fame craze nie so ek weet nie of ek weer lus het vir uitsaai nie, miskien net 'n program soos nuwe Suid-Afrikaanse klanke of so iets, anyway ek was bietjie emosioneel die afgelope paar dae oor NOG 'n mislukte verhouding en het gedink ek wil so gou moontlik my goed vat en waai, maar ek was verkeerd en het nie rekening gehou met mense wat WEL vir my omgee hier nie.

Ek KAN NIE vir twee jaar my besigheid so los en net waai nie, ek kan nie nog twee jaar van my kinders wegvat nie en ek kan nie net oppak en mense vir wie ek omgee agterlaat nie. Ek het kunstenaars wat ek bestuur en wat baie van my verwag en om te waai.....nogal oor 'n vroumens..... is absurd, ek is bly ek begin nou weer rasioneel dink darem.

Anyway die punt is daar is 'n groot geleentheid in Dubai wat ek nie kan ignoreer ne, daar is 'n mark vir groot shows vir my kunstenaars en daar is 'n mark om hulle CD's te verkoop, dis tyd om dit te ontgin en ek gaan al daai moontlikhede ondersoek.

Wimpie is terug, dankie vir al die oproepe, sms'e en emails van almal af, sorry ek was bietjie simpel, my hart is mos maar soos gewoonlik op my skouer....ek's t'rug!

Wimpie

No comments: