Wel lekker dis naweek, maak geen verskil aan my nie dis werk soos altyd, Saterdag is die Mieke Schonfeldt benefit konsert en ek is al van Saterdag oggend 06h00 in die tuig....mmm ja lekker seker maar.
Gister 'n baie belangrike vergadering gehad en ek kan vandag bekend maak dat Wimpie Records 'n deal gedoen het met Joe F wat die Produksie van Raymond Ray se debuut album, sowel as die finale meng op Shimmer se album insluit.
Meer goeie nuus waaroor ek nog meer opgewonde is, is die feit dat Joe ingestem het om twee musiekvideos vir Raymond Ray en Shimmer namens Wimpie Records te doen. Die rede hoekom ek opgewonde is, is dat Joe se musiekvideo's nuwe standaarde stel in die Afrikaanse musiekmark.... kyk en besluit vir jouself:
Dis hoekom ek opgewonde is.
Dan het ons ook gesels oor die roadtrip van volgende jaar en ons het ook 'n gesprek gehad oor 'n ander projek waaroor ek nie nou die aap uit die mou kan laat nie, maar 'n projek wat ek weet hierdie land gaan stormloop soos nog nooit vantevore nie.
Intussen word ek oorval deur mense wat inligting soek oor die Battle of the Bands.
Adolph is besig met die finale reelings en die inskrywings sal eerste week in November reg wees om te begin. Ek sal inligting hier gee sowel as waar om inskrywingsforms in die hande te kry. Ek kan net noem dat Prime Circle en 'n groot internasionale band.... mag nie se wie nie.... okay jy so aan .... uhm ek kan nie! deel gaan wees van die showcase.
Geniet jou naweek, hier is nog 'n video van Joe....Enjoy.... Man ek is opgewonde!
Wimpie
Friday, October 17, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment