Thursday, October 16, 2008

Nuusflits 2.

Ek is moeg vir mense wat niks weet in die lewe nie maar aangaan of hulle die boek geskryf het.

Vertel my hoe kan jy 'n opinie he rondom iets wat jy geen kennis van dra nie? Ek se weer ek skuld NIE vir Anton Goosen of Steve Hofmeyr een sent nie en jy wat loop en verkondig ek doen..... een vraag: sorry twee vrae was jy by die konsert? en sommer hoekom nie... en twee: Waar was jy toe die konsert gereel is , was jy saam my in die meetings dat jy kan 'n opinie he rondom wie skuld vir wie geld....okay so jy was nie, goed dan sal ek maar stilbly as ek jy is en wag tot alle kante van die storie vertel is.

Ek staan verder by my verklaring van gister en sal 'n verdere verklaring Maandag na my vergadering met die rolspelers uitreik, ek is gatval en moeg vir mense wat niks met die saak uit te waai het nie en/of niks weet wat aangaan nie maar tog hulle eie onbenullige opinies het en dis dit!

Dis is die storie verder is daar nie een op die oomblik nie soos ek meer inligting kan bekend maak sal ek....hier op hierdie blog en nerens anders nie.

Balans is nogal 'n belangrike ding in die lewe, jy moet dit he anders maak niks in die lewe sin nie, ek het die laaste tyd so verstrengel geraak in my werk en het my vriende, familie en kinders afgeskeep.

Dit stop nou, ek kan nie meer 24 uur per dag sewe dae per week beskikbaar wees vir werk nie, my kind huil elke aand om by sy pa te slaap want hy sien hom nie, van nou af gaan ek tyd spandeer om seker te maak dit verander.

Raymond Ray se pre-produksie is basies klaar en ons is reg om te begin opneem. Eersteklas musikante is betrokke by die produksie en meer goeie nuus is dat die musiekvideo vir die eerste single "Koel my af", binne die volgende twee weke geskiet word, die album sal klaar wees vroeg aanstaande jaar en ek kyk daarna om Februarie vry te stel.

My dag vandag word by die opname ateljee spandeer waar ek en Adriaan gaan werk aan Shimmer se album voordat ek vanmiddag 'n vergadering het met Joe F.

Dis my dag hoop joune is rustiger!

Wimpie

No comments: