Ek kon gister nie wag vir die laaste Formule 1 Grand Prix van die jaar nie en ek was nie teleurgestel nie, wat 'n wedren en wat 'n einde aan die kampioenskap toe Lewis Hamilton die wereldtitel in die tweede laaste draai van die wedren voor die neus van Phillipe Massa wegraap.

Die wedren het alles gehad wat van Formule 1 een van die grootste toeskouersportsoorte in die wereld maak, ek is 'n Ferrari aanhanger en het al amper gesien hoe Massa wegstap met die louere, maar helaas dit was nie so bestem nie. Dit was een van die heel beste Grands Prix van alle tye en Ferrari kon darem met die konstruksie louere wegstap, 'n skrale troos, maar darem!

Ek is nie iemand wat my verlustig in ander mense se smart nie en dis daarom vir my hartseer om oor die naweek te verneem dat Steve Hofmeyr en sy vrou Natasha skei na 'n huwelik van 10 jaar. Aan die ander kant het hulle huwelik byna bomenslike odds gehad om te oorleef, ek ken hulle albei persoonlik en moet se sy het my altyd opgeval as 'n opregte en eerlike vrou wat respek afdwing met haar blote teenwoordigheid, ek is jammer vir haar en dis nooit lekker as daar kinders betrokke is nie, hierdie geval is geen uitsondering nie.... Sterkte.
Ek is vanoggend vroeg alreeds in die opname ateljee saam met Raymond Ray om die vocals te doen van Koel my af saam met een van die bekendste producers in die land, die res van die week gaan spandeer word aan die musiekvideo wat 'n kookwater produksie aan wees met arme Raymond wat sy hande aan die brand gesteek gaan kry.... eerder hy as ek, en in die middel van 'n vuur gaan moet optree, dinge gaan nog warm raak, hehehe.
Dan sien ek my Brugbou borg, het moeilikheid as gevolg van aandele pryse wat 90% geval het en insiniasies van vals projeksies aan andeelhouers ens. alles dinge wat ek alreeds na my Kaapstad vergadering geweet het, soos ek alreeds by baie vorige geleenthede gese het, die volle brugbou waarheid is nog lank nie op die lappe nie en sal, soos alles wat in die donker gedoen word, in die lig geopenbaar word. Daai tyd is nou amper hier en ek verwag dat dit binnekort sal wees en sien uit daarna om te sien hoe my naam in ere herstel word, gelukkig het ek tot vandag toe nog niks gese nie.... my beurt om te praat kom nader, ek weet dit is net 'n kwessie van tyd dan kan ek my kant stel.

Dis omtrent my week, hard werk aan Raymond se produksie, dan is daar verskeie Desembermaand vertonings met drie van my kunstenaars wat vasgemaak moet word en waaraan ek besig is om te werk, Silhouette, Shimmer en Raymond Ray gaan 'n besige vakansie tydperk het, daarmee saam lyk dit of enige idees van vakansie wat ek dalk gehad het, ook by die venster uit gaan wees.
Later
Wimpie
No comments:
Post a Comment