Monday, December 15, 2008

Dit was 2008, nou vir 2009!

Die einde van die jaar het vir my aangebreek en my emosies oor 2008 is so gemeng soos my emosies oor die Springbok! Aan die een kant is daar soveel sentiment en geskiedenis by betrokke ek wil he dit moet altyd daar wees, maar aan die ander kant is daar soveel mense wat dit gebruik om ons mee by te kom dat dit maar net sowel kan groet...

Daar was baie hoogtepunte en daar was laagtepunte, die jaar kon beswaarlik groter vir my begin het as met die Brugbou konsert, twee van ons land se mees gerespekteerde sangers en liedjieskrywers op een verhoog na 'n bekgeveg wat amper 'n dekade gehou het, wat kon verkeerd gaan, verkeerd gaan, verkeerd gaan...

Wel baie, 'n dag voor ons advertensieveldtog op radio en televisie breek word Steve met sy broek op sy kniee gevang, letterlik, en alle kanse van 'n suksesvolle konsert is daarmee heen, met hindsight moes ek die show net daar gestop het, maar hoe draai jy, jou babatjie se nek om, nie maklik nie, teen alle odds in baklei ons voort en staan Anton en Steve geskiedkundig op 1 Maart op die verhoog en sing saam vir die volk, die volk in hierdie geval van net so oor die 4000, wat niemand weet nie is 2800 van daai kaartjies is verniet weggegee, ek staan na die verhoog en kyk hoe geskiedenis gemaak word met 'n gevoel wat hier aan die einde van die jaar, my hele jaar vir my sou opsom....bittersoet!

Later haal die Brugbou konsert weer 'n keer die koerant opskrifte vir die verkeerde redes, Steve en Anton het elk "net" R225 000 vir die show ontvang en die "organiseerder" skuld hulle elk nog R225 000. Hulle vergeet gerieflikheidshalwe ek was presies net dit.... die organiseerder en dat daar 'n borg by betrokke was, 'n borg wat hulle net die helfte betaal het...

Brikor se in die koerante hulle betaal niks meer nie, Steve en Anton maak wille aantygings teen my en ek voel verpletter, te na gekom, in die gesig gevat, onregverdig behandel en die moer in.

Steve se vriend, Philip de Bruin, skryf 'n reeks stories, bel my elke keer om te hoor wat ek se en quote my dan verkeerd in Beeld, die laaste keer wat hy my bel vererg ek myself en se vir hom om op te hou om my te bel en om te skryf wat hy wil, hy doen dit in elkgeval!

Brikor hou homself uit die pers uit en hamer op dieselfde refrain, "Brikor betaal niks meer nie, laat Steve en Anton ons dagvaar", met hindsight moes ek dieselfde gese het....

Ek glo egter in Karma, moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie, teen die einde van die jaar het Brikor se aandeleprys op die effektebeurs geval met 90%, ja 90% en is 80% van hulle werkers afgedank..... karma? what goes around comes around? die wiel draai? ek weet nie, ek kan net onthou hoe ek alleen die media en Anton en Steve se aanslag moes trotseer.

Steve skryf in sy "biografie" wat almal later sou uitvind is een groot liegstorie, dat hy nooit betaal is vir die konsert nie, maar vergeet gerieflikheidsonthalwe dat hy die grootste salaris van sy loopbaan by brugbou gekry het..... R225 000, dis bietjie baie om van te "vergeet".

Dan was daar my loopbaan as aanbieder van die "Big Bad Breakfast Show" by Oos Rand Stereo, amper nege jaar sou ek uithou, 2008 was die jaar met die felste aanvalle op my show van die Exco se kant af. Exco haat die show en die publiek love dit.

Elke ding wat ek op die lug se waaroor iemand kla word uit perporsie geruk en eindig op in 'n verhoor! Toe ek uiteindelik besluit genoeg is genoeg en my goedjies oppak is daar op die ateljee rekenaar in die Breakfast Show folder van die e-pos, meer as 300 eposse met komplimente oor die Breakfast show, terwyl so tien, miskien selfs 15 klagtes voor my neus gedruk word, hoofsaaklik van ou tannies in die ouetehuis, 'n pastoor en o ja amper vergeet ek..... van swem Suid-Afrika! Hehehe!

Die laaste verhoor besluit ek, ek het genoeg gehad, ek het in alle geval besuit aan die begin van die jaar ek maak die einde van die jaar klaar, die drie maande wat ek nou voor die tyd klaarmaak is 'n klein prys om te betaal. Die Exco het my verbied die laaste paar jaar om enigiets behalwe die weer en verkeer op die show te noem, die mees gewilde slot op my show was die wereld in 15 minute wat ek gese het wat in die land, of in die wereld aangaan en dan net gese het wat gewone mense daarvan dink, Exco het dit gehaat, die publiek was mal daaroor..... catch 22!

Hulle het op die ou einde gewen, ek was gatvol, wou nie meer baklei nie en het gesettle, maande daarna sou ek die waarheid agterkom waaroor dit rerig gegaan het en wie daaraagter gesit het, ek weet.... dis in my kop en ja ek is besig met 'n boek, en dit sal daar in wees!

Ek sal weer eendag met radio betrokke raak, maar nie onder dieselde omstandighede nie, ek het my les geleer.

Die res van die jaar was 'n jaar van bou en werk, ek bestuur tans vir Tertius van Tonder, Shine, Shimmer, Raymond Ray en Scintillate, volgende jaar kom nog twee groottes by waaroor ek later of eerder vroeg aanstaande jaar mag praat.


Ek is opgewonde, Wimpie Records is die jaar gebore en ons eerste CD het die lig gesien met die Klipdrift Battle of the Bands CD/DVD se verskyning op die rakke,nommer twee en drie volg einde Februarie 2009 my Koel my af van Raymond Ray en Een van daai dae van Shimmer.

Klipdrift het Battle of the Bands se borgskap hernieu vir 2009 en dit begin weer op 28 April, ek sien baie uit! Ek en my kunstenaars vertrek op 12 Maart op 'n vyf weke roadshow wat die Kaap, Vrystaat, Bloemfontein en Namibie insluit.

2009 Gaan 'n groot jaar wees wat die bitter bietjie kan plekmaak vir die soet!

Al wat oorbly om te se is dankie aan jou wat so gereeld hier kom inloer het in 2008, maak gerus weer so in 2009! Ek blog weer hier van die 6e Januarie rond, ek gaan nou eers bietjie vakansie hou, ek dink ek het dit verdien!

Bestuur asseblief versigtig as jy weggaan, moenie drink en bestuur nie, gaan voluit met die feesvieringe, onthou waaroor dit alles regtig gaan en Geseende Kersfees en alles wat jy jouself toewens vir 2009!

Ek los jou met my lewensfilisofie vir wat dit werd mag wees....

As in die laaste sekondes van jou lewe, alles voor jou oe verbyflits..... maak seker dis die moeite werd om te kyk! En bo alles weet waar al jou seeninge vandaan kom, onthou dit kan maklik van jou weggevat word en moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie, dis karma vir jou..... en ja.... die wiel draai, soms stadig, maar altyd seker!

Gesels weer in 2009! Awesome!

Wimpie

No comments: