Sunday, January 4, 2009

Vakansie en 2009.


Die tyd gaan so vinnig verby..... veral as jy op vakansie is, en voor jy jou oe kan uitvee dan is dit al weer tyd vir die eerste blog inskrywing van 'n splinternuwe jaar.

Laat ek sommer begin deur te se ek het 'n awesome vakansie gehad, net wat die dokter bestel het, Knysna en die tuinroete is die mooiste plekkie op aarde, Victoriabaai is die beste swemstrand en niks is lekkerder as wanneer die Protea's die windgat Aussies se tande trek op hulle tuisvelde nie.

Ek het elke oggend opgestaan om die krieket te kyk en is nie spyt ek het nie. Ek het al voorheen gese en ek se dit weer, Greame Smith is 'n ster kaptein en een van die beste kolwers in die wereld!

Dit bring my by nuwejaarsvoornemens.... ek glo nie daaraan nie. Doelwitte.... ja dis 'n ander storie. Een van my 'doelwitte' was om op te hou rook.... wel sover so goed, so in die stilligheid, sonder veel fanfare het ek die aansteker opgehang, al vier dae nou al, kom ons kyk hoe lank kan ek uithou, ek dink my frame of mind is die keer reg om op te hou.

Persoonlike doelwitte is daar baie, ek dink hoe ouer jy raak hoe meer realisties raak jou doelwitte en hoe strenger hou jy daarby. Kom ons stel dit so, ek het verlede jaar vir die eerste keer in my lewe 'n lys van doelwitte opgestel en was nogal aangenaam verbaas by hoeveel ek uitgekom het. Dit het die tendens gestel vir die jaar, ek is tans besig om my lysie op te trek en behoort seker so teen Woensdag te weet wat en hoe ek my doelwitte wil bereik.

Een ding wat ek wel weet is dat dit tyd is om te settle, vrou te vat en te trou, dit sal hierdie jaar gebeur. Ek is naby aan die punt waar ek nie meer 'n losloper wil wees nie.

Ek het heerlik vakansie gehou, ek hoop joune was ook lekker en dat jy uitgerus voel soos ek!

Later

Wimpie

No comments: