Monday, January 12, 2009

2009 begin in alle erns!

Die eerste werksweek van die jaar is hier.... vir my ook... al was dit nie so beplan nie, die uwe wou al laasweek begin werk het maar weens die niersteen probleem kan ek eers die week begin.

Daar is baie uitdagings om die hoof te bied so aan die begin van 'n nuwe jaar, baie besluite wat geneem moet word en heelwat werk om te doen. Alles sal met nuwe gesindhede benader word die jaar, WVDSP is 'n besigheid en ek moet 'n lewe daaruit maak, daar gaan dus nie meer verniet gewerk word vir niemand nie, daar gaan nie meer mense geduld word wat nie hulle kant bring nie en negatiwiteit is ook by die deur uit.

Ek verkies om eerder nou, aan die begin van die jaar paadjies te laat skei as om mense te dra wat in alle geval vere vir jou voel.... dis hard, maar dis dit!

Raymond Ray behoort volgende week in die ateljee te wees om sy album klaar te maak, Shimmer se album behoort teen volgende week klaar te wees. Lojaliteit is nog altyd die belangrikste ding in my lewe en as gevolg van 'n gebrek aan lojaliteit moes ek of my beginsels laat gaan, of een van my kunstenaars laat gaan, ek het gekies om nie my beginsels te laat gaan nie...

Daar is baie doelwitte wat so saam met die nuwe jaar gaan en ek dink dis 'n goeie ding om dit alles saam met jou kalender in te pas. My kalender begin met n toer in Maart tot middel April, Raymond Ray en Shimmer se CD vrystellings in Februarie, BOTB einde April tot 1 Augustus, Innie Oos Rand Fees Oktober en 'n klomp ander goedjies tussenin!

Zuma is vandag weer in die hof sien ek! Die Aussies het ons bloedneus gegee in Melbourne in die T20 reeks, eina!

Dis my dag, sterkte met joune!

Wimpie

No comments: