Tuesday, January 13, 2009

Zuma en die toekoms.

Jacob Zuma gaan hof toe en gister was 'n oorwinning vir die regstelsel in Suid-Afrika, maar wat beteken dit vir die land?

Ek kan nie verstaan, tensy hy natuurlik skuldig is, wat die probleem is nie. As jy onskuldig is, wil jy mos jou dag in die hof he?

Miskien le die antwoord in die vorige sin... Die probleem is die Julius Malema's en sy makkers wat nie daarvan wil hoor dat Zuma sy dag in die hof kry nie, militantes onder ons maak my bang dat 'n bloedige revolusie wat ons suksesvol in 1994 afgeweer het, die keer onafwendbaar blyk te wees.

Hoe gaan die ANC vaar onder die eerste ware druk in 'n verkiesing soos die jaar blyk die geval te wees? Se maar net die ANC kom selfs naby daaraan om die verkiesing te verloor, gaan ons net nog 'n Zimbabwe word, Jacob Zuma nog 'n Mugabe en die ANC net soos hulle maatjies Zanu PF?

Dis alles vrae wat ongelukkig net met tyd beantwoord kan word. Ek hoop van harte dit gaan nie die geval wees nie, maar ek het my bedenkinge.

Mense is snaakse goed. Dit gaan nog steeds my verstand te bowe hoe mense voor jou een deuntjie sing en wanneer jy jou rug draai totaal iets anders se. Ek hou daarvan vir die simpel rede dat die wiel draai, soms welliswaar stadig, maar altyd verseker.

Jy moet nooit aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie. Ek voel nie lus vir preek vandag nie maar mens moet soms die feite in die oe staar. Ons almal het sekere eienskappe en almal is op sy of haar eie manier uniek.

Ek gaan daarby volstaan voor ek te veel se. Jy moet 'n lekker dag he.

Wimpie

No comments: