Friday, January 9, 2009

BOTB en ek haat banke!

Die Klipdrift BOTB is ophande en die reels het bietjie verander die jaar...

Hier is hoe die stelsel vir 2009 gaan werk.

Die top 21 bands dring deur na die drie uitkloprondtes maar die nice ding is dis die top 21 bands met die hoogste telling so dit kan dus gebeur dat 'n band in 'n baie sterk groep 6e of 7e eindig maar nog steeds genoeg punte kry om in die top 21 te wees.

'n Band kan 'n swakker aand wen en dalk nie genoeg punte kry om te kwalifiseer nie wat dit baie interessant maak, daar is dan 3 uitdunne en die drie bands wat daai uitdunne wen is in die final saam met die Parletones, scintillate en 'n groot verrassing wat ek bere tot later.

Daar's hy gaan werk jou stretegie uit


Banke is die hoofoorsaak van die ekonomiese gemors waarin die land verkeer. Ek gesels gister met 'n vriend van my en hy oortuig my hiervan sommer in 'n oogwink, ek het altyd so gedink maar dit is die waarheid.

Kom ons vat nou maar karre, en/of huise. BMW vervaardig 'n kar en verkoop hom kom ons se maar argumentsonthalwe vir R200 000. Daai kar word aan die eerste eienaar verkoop en gefinansier vir daai bedrag, verskil is dieselfde BMW met rente kos nou R380 000. Daai kar word kom ons se maar nog vier keer verkoop voor die kar te oud is en die bankie hom nie meer finansier nie. Dis glad nie vergesog dat die banke op daai selfde BMW wat oorspronklik verkoop is vir R200 000, tussen R1.1 en R1.4 miljoen sal maak nie!

Dieselfde geld 'n huis, nou koop jy 'n huis vir R1m jou terugbetaling is so nagenoeg R12 000 pm oor 240maande (20 jaar), daai huis kos jou R2.8m en jy skenk lekker jou bydrae tot die koffers van die banke. Party mense verkoop selfs hulle huise oor tien jaar, onthou jy skuld nog nagenoe R1m op jou huis, rentekoerse het gestyg wat beteken daar was nie rerig groei in die huismark nie blah, blah, blah!

Na 10 jaar besluit jy opm jou huis te verkoop en jy kry jou waarlikwaar 'n koper vir se maar R1.5m rand, jy is trots op jouself want jy maak R500 000, wat 'n belegging! Snert man jy maak niks want jy het in die 10 jaar wat jy die huis besit alreeds R1.4m terugbetaal en jy skuld die bank nog steed R1m! Fokkers!

En die ergste is jy gaan nou weer 'n huis koop en die bank gaan dit weer vir jou finansier! Ons is suckers!

Op die persoonlike front is die goeie nuus dat my niersteen-probleem amper iets van die verlede is, ek se amper want daar is nog 'n steekpyntjie wat my daaraan laat dink en laat weet daar is nog enetjie wat een of ander tyd sal moet uit, as ek reg is, en ek kan met geen sekerheid se ek is nie, was daar altesaam so drie wat moes uit. Die seerste ekspidisie van my lewe sover!

Dit het alles veroorsaak dat ek baie liggies en versigtig te werk gegaan het met die begin van hierdie jaar, as jy gesukkel het om my per telefoon in die hande te kry, probeer gerus weer so teen Maandag dan behoort ek weer op my pos te kan wees! Ek gaan nog maar laag le die naweek!

Lekker een vir jou, hey smile die eerste week is verby en ons het heel ongedeerd daarvan afgekom!

Wimpie

No comments: