Tuesday, January 6, 2009

2009 se oomblikke


Pyn is 'n snaakse ding, ek dink nie mens verstaan altyd wat is jou pyndrempel nie, na die afgelope twee dae weet ek baie goed.... nierstene.... dis omtrent dit!

Gisteraand was seker die ergste aand van my lewwe wat pyn aanbetref, jy weet naderhand nie meer hoe om te le nie dis net so seer. Vanoggend in die klein ure van die dag kon ek nie meer die pyn vat nie en bel ek my ma amper in trane, nes'n klein seuntjie.....ai!

Anyway R500 later, vir 5 pille, een 'n dag se hulle vir my, ek is al deur drie! Nou ja, ons sal oorleef!

Oomblikke..... dis waaruit 'n mens se lewe opgemaak word, en dis waarvoor jy lewe, of ek altans, ek kan nie namens almal praat nie, die waarheid is, soos jy ouer word, word daai oomblike waaarvoor ons leef al hoe minder en wanneer die geleentheid vir so 'n oomblik hom voordoen moet jy dit aangryp.

Dis wat mense maak tick en dis wat my nuwejaarsvoorneme is. Dit maak nie saak hoe oud iemand soos Greame Smith byvoorbeeld word, en watse hoogtepunte hy verder in sy loopbaan bereik nie, daai oomblik toe Suid-Afrika die Aussies die eerste keer in die geskiedenis in Australie geklop het, sal nooit weer kom nie, daarom moet jy die meeste van daai oomblik maak en soveel genot daaruit haal as wat jy kan.

Ek hoop dit maak vir jou sin, soos dit vir my maak en ek hoop jou 2009 is vol oomblikke....

Die uwe gaan so stil as moontlik probeer wees die volgende twee dae, daar is 'n paar goedjies wat moet gedoen word, maar ek is seker dit kan alles uit my bed gebeur!

Is die Sui-Afrikaanse regering nie bietjie lagwekkend in die manier hoe hulle Israel aanval en kritiseer oor wat in die Midde-ooste gebeur nie! Hey julle, word wakker, die midde-ooste en die Gaza strook is baie verder van Suid-Afrika af weg as julle puppet hier oorkant die grens in Zimbabwe...

As almal in die regering so vokaal was oor ons vriend Bob as wat hulle nou oor die krisis in Gaza is, is ek seker ons sou nie die helfte van die probleme gehad het wat ons nou het nie.....mmmm ja laat mens wonder ne!

Wimpie

No comments: