Wednesday, January 7, 2009

Wat 'n dag.

Wel ek pie toe gister 'n klip uit, so erg ek hoor hoe hy in die toilet val. Pyn neem nuwe betekenisse aan en ek word vir die eerste keer naar van seerkry...

Dadelik kry ek raad van al wat leef en beef, jy moet oppas, jy moet minder kuier, jy het te veel gedrink die afgelope feesgety..... Niks van dit maak vir my sin nie want ek het omtrent niks gekuier die afgelope ruk nie....niks...

Toe se iemand gister vir my iets wat sinmaak... "dis daai protein diet van jou wat jy drie maande lank op was".

Bottomline.... my nuwejaarsvoornemens het nog een bygekry.... ek gaan so gesond as moontlik begin leef, sommer vandag.

So deur die seerkry het ek darem bietjie werk ook gedoen gekry gister, ek is besig met 'n projek waaroor ek nie rerig nou kan gesels nie, maar iets wat groot vrugte later kan afwerp, ons sal maar sien, en dan is daar kontrakte vir die nuwe jaar wat gefinaliseer moes word en wat ek geteken moes kry en en en... meeste is darem nou klaar en ek het besluit om sommer vandag my eerste afdag te vat!

Rus en deel met die pyn dis my mission vir die dag, die ou vyf pilletjies wat ek gekry het om die goed mee op te los is klaar, ek het die laaste een vanoggend gedrink en ek dink daar is nog 'n steen wat moet uit. Ek wil by die huis wees as ek soos 'n kind aan die huil gaan!

Nou ja, dis my vooruitsig vir die dag, hoop joune is meer opwindend!

Wimpie

No comments: