Tuesday, January 20, 2009

Ai die publisiteitsmasjiene werk oortyd!

Mmmm ek lees met groot belangstelling in die pers van Christina Storm en haar wannebe Idols boyfriend, Munro du Toit,(op hierdie foto met klere aan!) se ontsteltenis oor die naakfoto's van hulle wat in 'n tydskrif verskyn het om aandag te vestig op die bekamping van geweld teen vroue.

Soos een van my favourite quotes van alle tye van die Joker in die heel eerste Batman se toe Jack Nicholson die rol van die Joker vertolk het "You can't make an omelet without breaking some eggs".

Nou wat ek graag wil weet is as die tweetjies nou nie op soek is na bietjie publisiteit om arme Munro se sukkelende loopbaan 'n bietjie oemf te gee nie, en hulle is werklik so ontsteld oor die naakfoto's.... hoekom in die eerste plek daarvoor poseer?

Ek sou dink die hele ou probleempie kon sommer al met die neem van die gewraakte foto's opgelos gewees het. ets in die lyn van mmm nee ns is nie gemaklik om so te staan vir die foto nie, uhm kan ons nie eerder so staan nie?

'n Klassieke geval van waar 'n goeie doel gekaap word vir publisiteitsdoeleindes van c-lys celebreties. Kom ons wees nou maar eerlik, Munro is nie besig om die Prime Circle's, Danny K's, Kurt Darren's of enige van die Suid-Afrikaanse sangsterre se verkope te bedreig nie. 'n Stukkie publisiteit soos die kan goed te pas kom...

Die wereld kom vandag tot stilstand wanneer die Amerikaners hulle jongste toevoeging tot die wereld, Barack Obama, in ons keelgatte afdwing as redder van die wereld. Ek verbeel my dat die wereld gevra is om met dieselfde geesdrif te reageer toe George W Bush en Bill Clinton aan ons opgedwing is, ek wonder hoe lank die wittebrood gaan hou voor die realiteite van Obama se massiewe taak begin insink.

Dis interessant genoeg dat Obama NIE Amerika se eerste SWART president is nie, sy ma was wit, dit sou hom in Suid-Afrika 'n kleurling gemaak het.... amper iets soos Alan Boesak wat president van die ANC word. Ek wonder wat sou die ANC dan gese het oor Suid-Afrika se eerste.... nie swart president.... na demokrasie! Absurd ne!

Ja dit is geskiedkundig, ja dis emosioneel maar die Amerikaners is besig om in dieselfde strik as Suid-Afrika te trap. Die eerste swart Amerikaanse president lok soveel belangstelling dat alles bloot emosioneel is en die werklike probleme waarmee Amerika te kampe sit so bietjie agterwee gelaat word. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek dink Obama is soos 'n vars briese deur die Withuis.... moet net nie vergeet dat die werk nog gedoen moet word voor almal lieries raak oor die nuwe president nie.

Ek hoop vir Amerika.... en die wereld .... se onthalwe hy kan doen wat almal van hom verwag.... besides ek het eendag groot Amerikaanse planne wat iets met New York uit te waai het!

Weer 'n lekker besige dag vandag, besig met groot borgskappe vir my kunstenaars, ek vertel more meer.

Geniet die inhuldiging en die du Toit/Storm publisiteits trippie. Dis amper soos die Anaconda by Gold Reef City!

Wimpie

No comments: