Monday, January 19, 2009

Bliss! en Facebook oortreders mmm!

'n Mens kan nie net werk en werkverwante dinge doen nie, soms moet jy tyd maak vir geliefdes en basta met die res.

Die uwe het die afgelope naweek bietjie gaan uitspan en dit het my die wereld se goed gedoen. Visvang klink nou nie juis na die opwindendste ding op aarde nie, inteendeel dit klink asof jy heeldag op 'n stoel agter die visstokke sit maar dis alles behalwe die geval.

Ek weet nie waarvan nie, kan dit self nie verklaar nie, maar ek is styf, my arms, bene en rug..... wys jou net hoe sleg het ek geword!

O ja en ek het darem 'n hele paar visse gevang. Dis moeilik om te beskryf maar daar is een of ander vrede wat oor jou neerdaal 04H30 in die oggend langs die viswater terwyl jy kyk hoe die son oor die dam opkom.... die Engelse het 'n mooi woord daarvoor....bliss.

Alle geval ek het besluit om dit minstens een keer 'n maand te doen maak nie saak wat nie.

Die week wat voorle is weer 'n besige een, ek wag vir 'n oproep van die masker manne, en voorbereidings vir die vrystelling van twee CD's is in volle swang.

Ek hoop jy naweek was lekker soos myne en ek hoop jy het 'n great week.

Wimpie

Ps. Hier is 'n baie interessante storie oor 'n Suid-Afrikaner in die tronk oor dinge wat hy op Facebook kwytgeraak het. mmmmm

Ek glimlag in my mou want dit gaan 'n baie interessante storie word, wanneer kan jy mense begin toesluit oor dinge wat hulle oor jou op facebook kwytraak??

Ek dink 'n Paar ouens gaan die storie dophou!

"Om iemand op die internet sleg te sê kan nét so gevaarlik wees as om iemand in lewende lywe te beledig.

Dit het mnr. Duane Brady van Eldoradopark, suid van Johannesburg, deeglik besef toe hy eergister in die Kliptown-landdroshof op aanklag van crimen injuria verskyn het.

Brady het na bewering aanstootlike boodskappe oor sy vrou se vriendin, me. Danielle Cox, op die sosiale netwerk Facebook geplaas.

Volgens kapt. Phillemon Khorombi, polisiewoordvoerder, het Brady nie op die aanklag gepleit nie en is hy tans in aanhouding totdat hy Woensdag om borgtog aansoek sal doen.

Volgens mnr. Faan Coetzee, ’n Johannesburgse prokureur, geld al dieselfde regsreëls in die kuberruim as in ’n gewone gesprek of in ’n koerant.

“As jy iets op Facebook of ’n webwerf skryf, is dit net so goed jy basuin dit op ’n verhoog uit. Jy moet geensins dink stellings wat jy op die web maak, is minder ernstig of geldig nie.

“As jy daarna aangekla sou word en wou aanvoer jy het ’n grap gemaak, sal jy dit moet kan bewys – nes in enige ander geval.”

No comments: