Monday, January 26, 2009

Dankie vir Maandag...

As jy 'n naweek soos myne agter die rug het dan is jy sommer bly as Maandagoggend aanbreek.

Die berig oor die maskermanne het toen nie die naweek in die pers verskyn nie, ek verneem dit sal nou volgende naweek wees aangesien die Jurie Els storie botoon gevoer het in die koerant gister.

Ek plaas vir jou die onderhoud en die foto so ons scoop so bietjie die koerant vandag:
Hier is 'n paar vinnige vrae...ek hoop nie ek lok jou te veel uit om iets te sĂȘ nie.

1. Hoe het jy by die gemaskerde spul betrokke geraak? En Hoekom?
2. Jy se hulle is ses bekende popsterre. Almal het meer as 20 000 albums verkoop... hoekom op aarde sou hulle nou met so lawwe projek wil aanpak?
3. Hulle is nie eers regtig oorspronlik nie... slipknot?
4/ Watse tipe musiek wil hulle sing?
5. Nie alle lede van die publiek is dom nie, hoe gaan hulle hul stemme verskuil?
6. Wie is hulle platemaatskappy en weet Select, Sony BMG, Fantasia van hulle doen en late?
7. Hoe lyk hulle maskers?
8. Hoekom wil hulle nie he die publiek moet weet wie hulle is nie?
9. Wat noem hulle hulself?
10. Wanneer gaan hulle hul eerste album uitreik?
11. Wat was jou eerste reaksie toe jy hulle ontmoet het? Waar het jy hulle ontmoet?

ek antwoord maar so puntsgewys.

1. ek het laat verlede jaar 'n oproep gekry van 'n onbekende persoon wat my van die manne vertel het en wat hulle beplan. ek het op daai stadium nog niks geweet nie en is gese dat ek later gekontak sal word en of ek sou belangstel om hulle te bestuur. jy weet mos ek hou van uitdagings en hierdie is ook 'n uitdaging waarna ek baie uitsien vandaar my betrokkenheid.

2. Hulle is almal bekendes in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf met ander passies as bloot net om musiek te maak wat populer is en deur die massas gekoop word. Kan jy jou voorstel as Bles Bridges losgetrek het en skielik begin ACDC sing het? Die projek gaan daaroor om ander musiek te kan maak as waarvoor hulle bekend is en om te kyk of 'n plaaslike groep internasionaal kan meeding met musiek wat miskien nie in almal se smaak sal val nie waar wat 'n massiewe internasionale mark het.

3. Ja dis nie altyd nodig om die wiel te re-invent nie! Uit 'n Suid-Afrikaanse oogpunt is dit oorspronklik en onthou dit gaan nie soseer oor die oorspronklikheid van die konsep nie, dit gaan oor die beskerming van die band se identiteit, die musiek is goed genoeg om te sorg vir die oorspronklikheid van die projek.

4. Dit gaan hard wees en dit gaan bietjie metal invloede he.

5. Glo my ek ken AL die Suid-Afrikaanse sangers en ek weet hoe almal klink en ek het nie geweet wie dit is toe ek dit hoor nie. Hierdie ouens is professioneel en dis nie 'n Mickey Mouse projek nie, daar is geen manier wat die publiek sal weet nie!

6. Die band gaan hulle CD by my platemaatskappy Wimpie Records he ek teken die band op en nie die indiwidue nie, ons sal die verspreiding deur een van die groot maatskappye laat doen ek is tans in die onderhandelingsfase met 'n maatskappy

7. Die maskers gaan lyk soos Hanibal Lechter maskers, hulle voer dit in van oorsee af ek kan jou 'n idee gee dit kos omtrent so R30 000 net vir die maskers want soos jy kan dink sal hulle nog steeds moet kan sing die maskers is spesiaal vir daai doel ontwerp.

8. Hulle het suksesvolle loopbane, hierdie projek is om te sien of hulle internasionaal kan gaan en dit kan dalk van hulle bewonderaars in die algemene mark afskrik.

9. Met-hel uitgespreek as metal.

10. Die manne is al hard aan die oefen en sal reg wees vir shows so binne twee maande en ons is hoopvol vir 'n CD teen die middel van die jaar.

11. Ek was bang! Ons het ontmoed by so 'n afgelee koffiewinkel tussen midrand en centurion, die kelner was te bang om ons te bedien! Ek moes eers 'n geheimhoudingskontrak teken voor hulle die maskers laat gaan het!

Nou ja ek vertel meer van Met-Hel so met die tyd saam...

Op 'n persoonlike front was dit maar 'n so-so naweek, dis nie lekker om die eerste naweek as 'n bachelor deur te bring nie, so ek cope maar met dit soos ek die beste weet, ek spandeer so min as moontlik tyd by die huis, kuier maar hier en daar rond en sorg dat ek doodmoeg by die huis kom reg om in die bed neer te val en onmiddelik aan die slaap te raak.... klink miskien stupid maar dis my taktiek en dit werk vir my.

Ek sien Niekie van den Berg se kop staan politiek toe.... die hemele behoed ons.... wel mind you dan sal Julius Malema nie meer die mees arrogante persoonlikheid in die Suid-Afrikaanse politiek wees nie.

Later

Wimpie

No comments: