Thursday, January 22, 2009

'n Baie interessante dag...

Ek het 'n interessante dag gehad gister. Wanneer mens aan die einde van 'n verhouding kom dan is dit gewoonlik tyd vir boeke vat. Mense kom vertel jou dinge wat hulle nooit gedoen het terwyl jy in die verhouding was nie en daar is byna onmiddelik twee kampe, joune en hare.... ek is gelukkig nie meer naief genoeg om my aan sulke goed te steur nie. Ek gaan nie nonsens praat van my voormalige liefde nie, dis in die woorde van Ray Daylan.... verby.

Tussendeur het ek baie om te doen. Vandag is 'n groot dag vir my, besigheidsgewys sowel as persoonlik, ek sien vanaand iemand wat ek baie lanklaas gesien het en ek sien uit daarna en vanaand is 'n groot aand wat besigheid aanbetref, ek glo alles gaan goed afloop!

Die storie van die Masker manne het by die pers uitgekom en 'n joernalis e-pos my gister hierdie lys vrae wat ek moet antwoord vir Sondag se koerant:

Hier is 'n paar vinnige vrae...ek hoop nie ek lok jou te veel uit om iets te sĂȘ nie.

1. Hoe het jy by die gemaskerde spul betrokke geraak? En Hoekom?
2. Jy se hulle is ses bekende popsterre. Almal het meer as 20 000 albums verkoop... hoekom op aarde sou hulle nou met so lawwe projek wil aanpak?
3. Hulle is nie eers regtig oorspronlik nie... slipknot?
4/ Watse tipe musiek wil hulle sing?
5. Nie alle lede van die publiek is dom nie, hoe gaan hulle hul stemme verskuil?
6. Wie is hulle platemaatskappy en weet Select, Sony BMG, Fantasia van hulle doen en late?
7. Hoe lyk hulle maskers?
8. Hoekom wil hulle nie he die publiek moet weet wie hulle is nie?
9. Wat noem hulle hulself?
10. Wanneer gaan hulle hul eerste album uitreik?
11. Wat was jou eerste reaksie toe jy hulle ontmoet het? Waar het jy hulle ontmoet?


Goed dan ek antwoord die vragies in Sondag se uitgawe van Sondag en ek stuur 'n foto saam so kry die koerant in die hande.

Dis al vir nou, dankie vir almal se mooi wense en aan al die nie so mooi wense nie.... soos altyd is dit soos water van 'n eend se rug af!

Wimpie

No comments: