
Is die doel van die BBP eenheid nie juis om die president se lewe te beskerm nie, dit maak vir my baie meer sin om in ongemerkte motors met donker ruite te ry sonder flitsende ligte en teen belaglike snelhede. Ek weet nie van jou nie maar as ek so 'n Mugabe konvooi gewaar dan wonder ek dadelik wie is in die voertuig en so aan... Dis nie baie moeilik as jy een of ander tereurdaad wil uitvoer om te raai watter voertuie het kabinetslede in nie, is dit? Ongelooflik!
Nog iets wat my deesdae grensloos irriteer is ons regering se afgesaagde refrain oor die arme Palestyne wat deur Israel aangeval word in Gaza. Die arme Palestyne het niks verkeerd gedoen nie, die feit dat hulle daagliks mortiere en bomme in Israelse woonbuurte beteken niks nie. Gister op 702 hoor ek hoe die ANC Israel uit Lethuli huis veroordeel en selfs 'n dreigende toon aanneem... die hemele behoed ons as die Israeli's hulle moere vir die ANC pluk, ek onthou nog hoe ons weermag so 'n paar jaar gelede nie eers Lesotho kon suksesvol inval nie, onhou julle dit nog??

Daarsy nou voel ek beter, dis gese, ek wou dit al lankal se, o ja... hierdie paar paragrawe hierbo is sprekende voorbeelde van hoekom en weg is by Oos Rand Stereo... hehehe ek sou sekerlik gefire gewees het daaroor!
Greame Smith is 'n yster, ek se al lankal hy is die beste krieketspeler in die wereld en ek se dit weer. Die einde aan gister se derde en laaste vyfdag toets in Australie was enige tyd net so spannend soos 'n 20/20 wedstryd. Krieket bly maar my gunsteling sport en die vyfdag toets weergawe daarvan die beste! Ek kan nie wag vir Ricky Ponting se span om hier aan te kom nie, ek gaan verseker vir vyf dae in die son by die Wanderers sit!
Goeie nuus wat die Klipdrift BOTB aanbetref, die reels gaan so 'n bietjie vanjaar verander, ek skryf more hier op hierdie blog oor hoe dit verander maar ek dink dis 'n baie goeie ding wat gaan verseker dat die beste bands deurlopend in die prentjie bly. Ek verduidelik more.
Dan is Wimpie Records se webblad uiteindelik aktief, maar nog nie heeltemal klaar nie. Daar kom nog 'n skakel by waar jy na al die liedjies op al die CD's kan luister en selfs die songs apart kan koop. Dit behoort so binne die volgende maand aktief te wees so gee maar 'n bietjie tyd. As jy nuuskierig is kan jy gaan loer hoe lyk dit sover by www.wimpierecords.com
Lekker mondvol vir vandag, onthou om te gaan loer by Wimpie Records.
Later
Wimpie
Ps. ek dink daar is nog een niersteen oor, hopelik gly hy ook vandag... of kom ons se maar net as hy "gly" sal dit lekker wees, ek sweer dis erger as kraam!
No comments:
Post a Comment