Wednesday, January 14, 2009

'n Kykie in die toekoms.

Ek sien probleme kom, en ek is nie Siener van Rensburg nie!

Dit lyk asof die ANC die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wil aanpas om mnr. Jacob Zuma, sy leier, uit die beskuldigdebank te hou en in die Uniegebou te kry.

Zimbabwe hier kom ons! Mnr. Nyami Booi, ANC-hoofsweep, het gesê die verskil tussen dié uitspraak en dié van regter Chris Nicholson van die Pietermaritzburgse hooggeregshof wys daar is verskeie interpretasies van die NVG-wet.

“Dit gaan vir ons oor waar die gesag (om te vervolg) lê: is dit by die minister, die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) of die president? Ons wil duidelikheid oor die saak hê en meen ’n regsmening kan ons help om te bepaal hoe ons die wetgewing kan versterk.”

Al wou hy dit nie bevestig of ontken nie, lyk dit of die ANC hom gereed maak om wetgewing oor hoe die NVG funksioneer, aan te pas.

Ek gaan niks verder se nie behalwe dat dit is wat gebeur as jy een party het met die tipe meerderheid wat die ANC het...

Raymond Ray se CD is amper klaar en die vocals gaan my besig hou vir die volgende paar weke.

Ek het gister lang vergaderings gehad, een daarvan was met Vonk musiek se Kobie Koen en daar is groot dinge aan die kom en ek is bly om te kan se dat daar 'n groot samewerkingsooreenkoms bereid is tussen Vonk en Wimpie van der Sandt Produksies en Wimpie Records. Die eerste hiervan gebeur alreeds se vroeg as Maart, ek gee details sodra die embargo op inligting gelig is, ek is opgewonde!

Spaar 'n gedagte vir die arme pappas en mammas wat vandag vir die eerste keer skool toe gaan! Myne is die jaar al in Matriek en in graad 2!

Later

Wimpie

Ps: My nuwe favourite song!

No comments: