Thursday, May 31, 2007

'n Goeie pak slae!

Ek het gister in my program gepraat van die verval van standaardes hier in Suid-Afrika na aanleiding van 'n geselsie wat ek gehad het met 'n pel na sy onlangse besoek aan Dubai....
Nou sien ek vanoggend dis dalk binnekort onwettig om jou kind 'n pak slae te gee.
Die oudste vorm van ouerlike tug, die pak slae, kan in sy geheel verdwyn as voorgestelde wysigings aan die Kinderwet aanvaar word.

DiĆ© wysigingswet, wat eergister eenparig in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) goedgekeur is, bepaal onder meer dat geen vorm van lyfstraf deur enigiemand op enige plek aan ’n kind toegedien mag word nie.

Die tradisionele pak slae sal dus in sy geheel taboe wees.

Boonop is die verweer van “redelike tugtiging”, soos in die ou wet vervat en wat ’n pak slae onder seker omstandighede goedkeur, in die nuwe weergawe verwyder.

Me. Joyce Masilo, ANC-LP en voorsitter van die gekose komitee vir maatskaplike dienste, het die besluit van die NRP as “wonderlik” beskryf.

“Ons het lank en hard gewerk daaraan en glo dit gaan veral ’n groot verskil in die lewe van kinders op die platteland maak.”

Nou weet ek nie, miskien is ek dalk net heeltemal dom maar ek dink juis dis die probleem met ons land, daar bestaan geen diddiplini nie, everything goes en dis hoekom dit so maklik is om 'n misdaad te pleeg in ons land, kinders word nie van kleins af geleer dat as jy verkeerd doen daar 'n straf daarmee gepaart gaan nie...
In my dae moes jy nog buk vir ses van die bestes by die hoof as jy droogmaak, vandag is dit teen die wet!.... Malligheid!



Ek sien die aktrise Lindsey Lohan het haarself aangemeld by rehab na sy gearresteer is vir dronkbestuur en toe dwelms in haar kar gekry is, mooi Linds ek is bly jy het jouself ingeboek as rolmodel faal jou jou miljoene fans regoor die wereld en is dit tyd dat jy iets doen aan jou probleem!

100% van julle reken daar moet dringend strenger wetgewing kom teen drankmisbruik!
Vandag se meningspeiling : dink jy ouers moet die reg he om hulle kinders 'n pak slae te gee?
Ek dink ek weet wat die antwoord gaan wees maar kom ons kyk maar!

Op 'n persoonlike noot, ek het die begrafnis gemaak danksy 'n paar kalmeerpilletjies, dankie aan my skoonsussie, maar dit was nog steeds nie lekker nie, hopelik nie weer die jaar nie....
Later
Wimpie

5 comments:

Anonymous said...

Hi

Ek dink persoonlik dit is a.g.v. geen dissipliene dat ons ou landjie is waar hy is, ons bly in tronke en die skelm loop op straat en wat doen die Regering, hulle verskaf gratis verblyf en etes aan die skelms en moordenaars en ons belasting geld moet daarvoor gaan.

Bring terug die doodstraf vir moord

Ina

Anonymous said...

nee jitte! volgende wat ons gaan hoor is dat skelms n reg het om nie tronk toe te gaan nie ens. dis dom! ek is n 15 jarige meisie en ek dink as my ma-hule my nie getug het nie sou ek nou n drop out wees. ma, pa thanx vir al julle pakslae en raas! want ek weet nou dat jul dit gedoen het omdat julle lief vir my is. buig die boom terwyl hy jonk is!

Anonymous said...

Hi wimps

Wil jou n persoonlike vragie vra as een van jou vele x girlfriends, moet my nie verkeerd verstaan nie al is ons nie meer saam nie is ek nogsteeds mal oor jou... Ek wil net weet.Vir wie is DROOMVROU nou eintlik gewees? Jy het dit vir my onder andere al op die lug gespeel en ook vir n paar ander. Ek weet vir n feit dis nie regtig vir my nie, want jyt dit vir my gese. Ek en een van jou ander x girls het n styery gehad daaroor, want volgens haar was dit vir Natasha maar volgens my wat jy my vertel het was dit vir jou eerste vrou..

Anonymous said...

Hi Wim Seun
Ja nee ou smaak my die girls is warm op jou spoor, nou ja droomvrou maak jouself bekend....ja nee dis donderdag en tyd om te gaan wei vanaand...nou ja girls watch out......the boys are out............
tot weer
The Fudge

Anonymous said...

Jip, is dit dan nie deel van die kommunistiese bestel om Christenskap en dissiplinne totaal af te breek nie.

Een van kommunisme se eerste reels is dat die jeug nie dissiplinne moet he nie. Dit veroorsaak dat die jeug baie meer vatbaar vir verkeerde oortuigings is. Gelukkig sien ons daagliks dat die regering besig is om vir hul eie gat 'n lat te pluk, en dat HULLE mense nie net meer aanvaar wat vir hulle opgedisword nie.

Ongelukkig is daar duisende wat daaronder ly, maar ons bleekvelletjies moet maar vasbyt en begin om daagliks ons rue styf te maak en nie net te aanvaar nie.

Die wyse ou Salomo het nie verniet in omtrent elke hoofstuk van Spreuke geskryf, en ek haal aan: 'Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie. Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red. Spreuke 23: 13-14

Hou aan om jou bek te rek, miskien net eendag word ons ou volkie wakker en skree ons saam.
Hoop nie dit sal wees as Generaal de la Rey in sy graf omdraai nie.

Harry Strauss
Ns. Lyk my die x'se maak jou klaar jong!!!